La Pirogue 1

Voeg by Gunstelinge

 

Langtermynverblyf-aanbod 15 % af

Kry 15% af vir verblyf wat 5 nagte of langer is. Geldig vanaf 11 Aug 2019 tot 19 Sep 2019.

Beskrywing

La Pirogue 1 is 'n dubbelverdiepingwoonstel oorkant die pad van die strand af in die veilige La Pirogue-kompleks. Dit is in Westbrook aan KwaZulu-Natal se noordkus tussen Umhlanga Rocks en Ballito.

Benewens die Noordkus se ongerepte strande bied die Durban-area alles wat 'n vakansieganger se hart begeer. La Pirogue is naby Sibaya Casino, Gateway Centre, 'n krokodilplaas en die bekende Zimbali- en Umhlali-buiteklubs. Dit is 10 km van Ballito af.

La Pirogue 1 het slaapplek vir 6 gaste en het 3 slaapkamers, 2 badkamers en 'n gastetoilet. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed, die tweede 'n koningingrootte-bed en die derde het 2 enkelbeddens. Die eenheid het ook 'n kombuis, sitkamer, eetarea, balkon met 'n tuin en 'n hek wat na die swembad lei. 'n Wasgoedkamer en 'n skoonmaakdiens is beskikbaar. Daar is 'n gasbraai op die stoep en 'n braai in die tuin.

Gaste moet asseblief hul eie dekodeerder en slimkaart saambring.

Die gerieflike sitarea het 'n plafonwaaier en skuifdeure wat na die balkon lei. Die balkon is gemeubileer en bied 'n 180° see-uitsig.

Daar is steil trappe wat na die slaapkamers lei, so dit is nie ideaal vir ouer mense of kindertjies nie.

Slaapplek

'n Bespreking by La Pirogue 1 sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Badkamer

  •  En-suite
  •  Aparte Toilet
  •  Stort

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Lugversorging
  •  Verekombers
  •  Waaier

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na La Pirogue 1 gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 475 R1 254 per nag (plek vir 6)

Kry 15% af vir verblyf wat 5 nagte of langer is. Geldig vanaf 11 Aug 2019 tot 19 Sep 2019.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false