La Rene

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

La-Rene is 'n moderne, ten volle gemeubileerde eenheid met 2 slaapkamers, 1 badkamer, 'n volledig toegeruste oopplan-kombuis en 'n sitkamer. Die een slaapkamer het 'n dubbelbed en die ander slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die badkamer is toegerus met 'n stort en daar is 'n oond, mikrogolf en 'n yskas/vrieskas in die kombuis. Die sitkamer het 'n TV en 'n dekodeerder (beperkte kanale) en daar is lugversorging in al die vertrekke. Gaste kan 'n vleisie op die kole gooi by die onderdakbraaiplek (aparte braaigeriewe is ook beskikbaar). Onderdakparkeerplek is beskikbaar agter 'n outomatiese hek.

Die eenheid is stapafstand vanaf 'n kafee, restaurant en 'n kroeg. Die swemstrand, ski-bootklub, winkelsentrum is ook net 1 kilometer van La-Rene af.

Slaapplek

'n Bespreking by La Rene sluit in:

2 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Dubbelbed

Kenmerke

Badkamer

  •  Stort

Kamergeriewe

  •  Lugversorging
  •  Verekombers
  •  Waaier

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na La Rene gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R950 per nag (plek vir 4)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za