La Splendida Hotel

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

La Splendida Hotel is ideaal geleë op die bedrywige Mouille Point-promenade. Dis Kaapstad se eie platinum-myl en dis net 'n paar minute weg van alles wat jy teen die Atlantiese kus van die stad kan sien en doen. Dit sluit al die lekker strande, kroeë en die V&A Waterfront in. Gaan stap rustig op die promenade of ontspan net luilekker in die sonnetjie in jou kamer.

Hierdie ikoniese hotel op Kaapstad se platinum-myl bied akkommodasie in 24 kamers en suites met uitsigte op die Atlantiese Oseaan, die nuwe gholfbaan en Kaapstad Stadion. Rook is verbode in al die kamers. Die ruim gerief van jou eie kamer is altyd 'n goeie plek om te ontspan na 'n dag se werk of opwinding in die stad. Elke kamer beskik oor 'n en suite-badkamer, lugversorging, plafonwaaiers, WiFi, koffie- en teemaakgeriewe, 'n kluis en 'n TV met sekere DStv-kanale. Die kamers word daagliks skoongemaak.

La Splendida Hotel bied ook 'n gerieflike wasgoeddiens, kinderoppasserdiens en reëlings vir toere en motorhuurdienste.

Kenmerke

  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Geriewe

  •  24-uur Ontvangs
  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Kinderoppasser Op Versoek
  •  Wasgoeddiens
  •  Restaurant op Perseel
  •  Satelliet-TV
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete
  •  Middagete
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na La Splendida Hotel gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 580 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za