Langebaan Akkommodasie by La Vie | LekkeSlaap
+28

La Vie

  • Kapasiteit: 10 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Robbejachtsingel 110, Langebaan Country Estate, Langebaan, 7357, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R2 451 per nag (plek vir 10)

Beskrywing

La Vie is op die Langebaan Country Estate geleë wat bekend vir sy Gary Player-gholfbaan. Dié lieflike gholf-villa bied luukse selfsorgverblyf met 'n uiters moderne kombuis en 'n Jacuzzi. Gaste het toegang tot al die landgoed se geriewe insluitend 'n restaurant, die Pro Shop, tennis- en rolbalbaan, 'n oefenbof en putt-putt.

Die villa bied slaapplek vir tot 10 gaste in 4 slaapkamers. Die hoofslaapkamer en die tweede kamer het albei 'n en suite-badkamer en 1 koningingrootte-bed in elk. Die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens en die vierde kamer het 2 stapelbeddens. Dié 2 kamers deel 'n volledige badkamer. Al die beddens is oorgetrek met topgehaltelinne/

Die kombuis is iets om te beleef met moderne toebehore en versteekte ligte. Dit is volledig toegerus vir selfsorg met al die nodige geriewe soos 'n wasmasjien, tuimeldroër en skottelgoedwasser. Daar is eetplek vir tot 10 gaste.

Die huis spog ook met 2 leefareas. Die eerste een het 'n groot leerbank, 'n platskerm-TV met DStv en tuisteaterstelsel vir beter klank. Die tweede leefkamer het rottangmeubels rondom die ingeboude binne-braaiplek.

Doendinge sluit kajak, seil, vlieërbranderry, perdy, visvang, swem en gholf in en interessante besienswaardighede sluit die Weskus Nasionale Park, Fossielpark, Evita se Peron in Darling, en vele meer in.

Daar is verskeie stap- en bergfietsroetes in die omtrek, veral die gewilde "Fox Trail". Jy het gratis toegang tot die swembad en tennisbane. Al die winkels en restaurante in Langebaan is slegs 5 minute se ry van die landgoed af.

Kenmerke

Swembad
Jacuzzi
Braaiplek
Rolstoelvriendelik
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Swembad
  • Jacuzzi
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Restaurant op Perseel
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Rolstoelvriendelik
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Swem

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit
  • Agter Elektriese Hek
  • Parkering Van Die Straat Af

Opsomming van Resensie

4.7 uit 5van 11 resensies vir La Vie
Netheid
4.7/5
Diens
4.5/5
Ligging
4.7/5
Veiligheid
4.9/5
Waarde vir geld
4.6/5

Ligging

  • Robbejachtsingel 110, Langebaan Country Estate, Langebaan, 7357, Wes-Kaap
  • Gaste dink La Vie het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R2 451
per nag (plek vir 10)
Vanaf R2 451
per nag (plek vir 10)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Robbejachtsingel 110, Langebaan Country Estate, Langebaan, 7357, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA28358bba8dc766edd2bf54e06eb61f5c4d6497ba883f32a4ddc53a5d9e5a41ff552f64c383c6a83de9e03691028c234406c4?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R2 451  per nag (plek vir 10) 11 5 1 5 110 Robbejacht Crescent Langebaan Country Estate 7357 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -33.072939080668 18.054841160574
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za