La Vista

Voeg by Gunstelinge

 

Spesiale Aanbod 25 % af

Bly 4 nagte en betaal slegs vir 3 vir verblyf wat 4 nagte of langer is. Geldig vanaf 31 Okt 2019 tot 1 Nov 2019.

Beskrywing

La Vista Self Catering Holiday House is 2 km vanaf die geskiedkundige dorp Mosselbaai op die skilderagtige Tuinroete in die Wes-Kaap van Suid-Afrika geleë. Die huis het slaapplek vir tussen 1 en 8 gaste en is perfek vir 'n gesinsvakansie of wegbreek saam met jou geliefde. Ontsnap uit die besige stadslewe, raak aan die slaap met die gedruis van branders en kom ontspan stylvol hier by ons strandhuis. Daar is slaapplek vir maksimum 8 gaste in 4 slaapkamers by La Vista.

Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en die derde en vierde slaapkamers het elk 2 enkelbeddens. Die tweede badkamer het 'n bad, toilet en 'n wasbak. 'n TV en DVD-speler en OpenView HD is beskikbaar. Braaigeriewe en parkeerplek vir 2 motors onder 'n motorafdak is ook beskikbaar. Ongelukkig word troeteldiere nie toegelaat nie.

Toegang tot die strand is loopafstand van die huis af wat ideaal is vir gesinne, vriende of paartjies wat op soek is na 'n gerieflike wegbreekplek. Gaste kan vanaf 14:00 inklok en die sleutels sal in die sleutelkluis wees, so gaste hoef nie te bekommer as hulle laat aankom nie.

Slaapplek

'n Bespreking by La Vista sluit in:

-

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 4 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort
  •  Seep

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Dienste

  •  Wakker-bel oproep

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Kinderoppasser Op Versoek
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Eetkamer
  •  Verekombers
  •  Waaier

Maaltye Aangebied

  •  Aandete Op Versoek
  •  Piekniekmandjies Op Versoek
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Onderdakparkering

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte
  •  DVD
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na La Vista gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R950 R950 per nag (plek vir 8)

Bly 4 nagte en betaal slegs vir 3 vir verblyf wat 4 nagte of langer is. Geldig vanaf 31 Okt 2019 tot 1 Nov 2019.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za