Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Laaste Gift

  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 12:00
  • Adres: Marine-rylaan 2716, Bettysbaai, 7141, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R3 000 per nag (plek vir 10)

Beskrywing

Laaste Gift is ’n ruim selfsorg-vakansiehuis wat verblyf aan tot 10 gaste bied. Dit is reg by die see geleë en 1 kilometer vanaf die swemstrand in Bettysbaai.

Laaste Gift bied nie net ’n ongelooflike uitsig oor die see nie, maar ook oor die omliggende fynbos en berge. Boonop grens dit aan 'n reservaatgebied, wat beteken dat daar nie aan sy een kant gebou mag word nie.

Laaste Gift is ’n dubbelverdiepinghuis wat beskik oor 4 slaapkamers, 3 badkamers, ’n kombuis, eetarea, leefarea en sonkamer.

Op die grondverdieping is 2 slaapkamers en ’n ruim leefarea. Daar is ’n dubbelbed in 1 van die kamers en die ander kamer het ’n enkelbed en 2 stapelbeddens. Die kamers deel die gebruik van ’n badkamer met ’n stort en toilet. Die leefarea het ’n groot etenstafel en lei na ’n stoep met 'n buitetafel vir 6 gaste.

Die eerste verdieping beskik oor 2 en suite-slaapkamers, 'n ekstra toilet, ’n kombuis, ’n eetearea, ’n leefarea en 'n sonkamer. Daar is ’n koningingrootte-bed en 'n driekwartbed in die eerste kamer, asook 'n badkamer met 'n bad, stort en toilet. Die tweede slaapkamer word via ’n dek bereik en is baie privaat. Dit beskik oor ’n koningingrootte-bed en 2 driekwartbeddens. Hierdie kamer het ook ’n stort, bad en toilet.

Gaste moet hul eie handdoeke bring. Beddegoed word voorsien.

Die kombuis is met ’n stoof, oond, mikrogolfoond, yskas en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Daar is ook ’n skottelgoedwasser. ’n Stel trappe lei vanaf die kombuis na die braai-area buite.

Gaste kan in die leefarea voor die TV met vol DStv ontspan terwyl hulle oor die see, fynbos en op die berge uitkyk.

Gaste kan die Harold Porter Botaniese Tuin of die pikkewynkolonie by Stoney Point besoek. Dié area bied verskeie doendinge, soos sandplankry, swem, branderplankry, stap- en voetslaanpaadjies en het ook verskeie eetplekkies.

Let asseblief daarop dat geen harde musiek hier toegelaat word nie. Wanneer gaste bespreek, word 'n afskrif van die identiteitsdokument van die persoon wat bespreek, vereis.

Slaapplek

’n Bespreking by Laaste Gift sluit in:

Dubbelbed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Enkelbed / Driekwartbed Stapelbed
Slaapkamer 2
Plek vir 3 persone
1 xEnkelbed / Driekwartbed
1 xStapelbed
Enkelbed / Driekwartbed Koningingrootte-bed
Slaapkamer 3
Plek vir 3 persone
1 xEnkelbed / Driekwartbed
1 xKoningingrootte-bed
Enkelbed / Driekwartbed Koningingrootte-bed
Slaapkamer 4
Plek vir 4 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
1 xKoningingrootte-bed

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Badkamer

  • En-suite
  • Aparte toilet

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Eksklusiewe dstv

Opsomming van Resensie

4.7 uit 5van 16 resensies vir Laaste Gift
Netheid
4.4/5
Diens
4.7/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
4.8/5
Waarde vir geld
4.8/5

Jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.7/5

Jackie Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 16

Jaar gelys 3

Ligging

  • Marine-rylaan 2716, Bettysbaai, 7141, Wes-Kaap
  • Gaste dink Laaste Gift het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R3 000
per nag (plek vir 10)
Vanaf
Vanaf R3 000
per nag (plek vir 10)
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 12:00
  • Adres: Marine-rylaan 2716, Bettysbaai, 7141, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAb2d1493f64d4e264df69d8fa3cf96832d5bc1d7bdd7574acbc7a8ef3fe896dfab87d318ae984ae4fcaab8ecc965d81193e7b?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R3 000 per nag (plek vir 10) 16 5 1 5 2716 Marine Drive Betty's Bay 7141 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-18:00 12:00 -34.356949786666 18.925839906746
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem