Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Labori

  • Kapasiteit: 36 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Compensation Beach-weg 54, Labori, Ballito, 4220, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 200 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

Labori bied gerieflike selfsorgverblyf in ’n kompleks in Ballito en bied maklike toegang tot die strand.

Gaste kan kies tussen woonstelle op die eerste verdieping of grondverdieping van die kompleks. Elke woonstel beskik oor 3 slaapkamers, 2 badkamers, ’n kombuis, eetarea en sitarea.

Elke hoofslaapkamer het ’n dubbelbed en ’n en suite-badkamer met ’n bad en toilet. Die ander 2 slaapkamers het elk 2 enkelbeddens en deel die gebruik van ’n badkamer wat ’n stort en toilet het. Linne en badhanddoeke word voorsien en gaste moet asb. hul eie swemhanddoeke saambring.

Elke kombuis is met ’n stoof, oond, mikrogolfoond, yskas en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Etes kan by die etenstafel geniet word. Die privaat sitareas het elk ’n TV en gaste moet asb. hul eie dekodeerders, afstandbeheerders en slimkaarte saambring om DStv te kyk.

Daar is ’n gemeenskaplike swembad wat omhein is, sowel as braaigeriewe in die kompleks. Ongelukkig word troeteldiere nie toegelaat nie.

Die kompleks lei na die strand se promenade waar daar restaurante, ’n kruidenierswinkel en nagklubs is. Ballito het ongerepte strande en warm water. Gaste kan lyfplankry, branderplankry, swem, duik en visvang. Besienswaardighede in die area sluit die King Shaka-erfenisroete, Crocodile Creek, die Ballito Leefstylsentrum en verskeie restaurante en winkelsentrums in.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Selfsorg

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.8 uit 5van 15 resensies vir Labori
Netheid
4.7/5
Diens
4.8/5
Ligging
4.9/5
Veiligheid
4.9/5
Waarde vir geld
4.8/5

Ligging

  • Compensation Beach-weg 54, Labori, Ballito, 4220, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink Labori het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 200
per nag (plek vir 6)
Vanaf
Vanaf R1 200
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 36 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Compensation Beach-weg 54, Labori, Ballito, 4220, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAad91ddce67cca094032ee775a0a6b501a56dbd6c03c8a330164335b381c82cfacdfdbe30dab4e45add700f2cb2c80a643b47?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 200 per nag (plek vir 6) 15 5 1 5 54 Compensation Beach Road Labori 4220 KwaZulu-Natal 021 201 8901 14:00-17:00 10:00 -29.54055 31.21767