L'Abri
- Kapasiteit: 4 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Aurigastraat 278, Waterkloof, Pretoria, 0181, Gauteng
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R880 per nag (vir 4 persone)
Beskrywing
L'Abri is 'n ruim en luukse selfsorg-eenheid in 'n tuin in 'n rustige en veilige beskut gedeelte van Waterkloof, Pretoria. Dit is naby die Universiteit van Pretoria, die Voortrekkermonument, Vryheidspark, Brooklyn Mall, en hospitale soos Little Company of Mary, Zuid-Afrikaans en Jakaranda.
Die eenheid is deel van die hoofhuis, maar bied steeds privaatheid. Die eenheid is goed toegerus en beskik oor 'n slaapkamer met 2 enkelbeddens en 'n badkamer met 'n stort, toilet en wasbak. Daar is 'n bank wat in 'n dubbelbed verander kan word in die leef area. Dit is hoofsaaklik geskik vir kinders of jongmense. Daar is 'n hele paar trappe om af en op te klim (22), L'Abri is dus ongelukkig nie geskik vir persone in 'n rolstoel of diegene wat moeilik loop nie.
Die kombuis het basiese selfsorggeriewe en het 'n yskas, ketel, broodrooster, mikrogolfoond, elektriese braaipan en induksieplaat. Die leefarea het 'n dubbel slaapbank wat meer geskik is vir kinders ,of jongmense aangesien dit laag op die grond oopslaan, Gemaklike sitplek en 'n TV met DStv (alle kanale) is ook beskikbaar. Gaste het ook gratis WiFi in en om die eenheid. Joghurt, muesli, melk, koffie, tee en beskuit word voorsien met aankoms.
Daar is 2 honde op die werf, 'n wolfhond en dachshund. Hulle is luidrugtig wanneer hulle mense verwelkom, maar is nie gevaarlik nie.
Gaste het toegang tot onderdakparkeerplek vir 1 voertuig.
Dié is ideaal vir sakereisigers, gesinbesoek of net 'n gemaklike oornagplek.
Slaapplek
’n Bespreking by L'Abri sluit in:
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Gastesitkamer
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite Naby
- Fietsry
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Maaltye Aangebied
- Ontbyt
- Tee
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- 24-Uur Sekuriteit
- Onderdakparkering
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Ligging
- Aurigastraat 278, Waterkloof, Pretoria, 0181, Gauteng
- Gaste dink L'Abri het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Waterkloof Ridge Pretoria Gauteng
- Kapasiteit: 4 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Aurigastraat 278, Waterkloof, Pretoria, 0181, Gauteng
- Alle ouderdomme is welkom