Ladismith Manor

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Ladismith Manor is 'n gastehuis naby die bekende Roete 62 in Ladismith in die Wes-Kaap. gaste kan op 'n slegs-verblyf- óf B&B-basis by ons bespreek. Ladismith Manor is 'n goeie keuse vir gaste wat wil wegbreek van die geraas en gejaag van die stadslewe.

Die gastehuis bestaan uit 4 dubbelkamers met koningingrootte-beddens. Die Rooi Kamer is in die hoofhuis geleë met 'n platskerm-TV, sekere DStv-kanale en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die kamer het ook dubbeldeure in die badkamer wat oopmaak op die swembadarea. Die Blou Kamer is apart van die hoofhuis met 'n ingang vanaf die swembadarea. Geriewe in dié kamer sluit 'n koningingrootte-bed, 'n en suite-badkamer met 'n dubbelstort en 'n platskerm-TV met sekere DStv-kanale in. Die Groen Kamer is ook apart van die hoofhuis met 'n ingang vanaf die swembadarea. Geriewe in hierdie kamer is soortgelyk aan die Blou Kamer met 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort.

Ladismith Manor het ook gratis WiFi en smullekker middagetes en aandetes op versoek. Gaste kan 'n hele rits doendinge aanpak en geniet tydens hul wegbreek hier by ons. Ladismith staan bekend vir sy sagtevrugteboorde en wingerde wat net 'n kort entjie se ry weg is.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  ADSL-lyn
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Wasgoeddiens
  •  Restaurant op Perseel
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete Op Versoek

Parkeerplek

  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Ladismith Manor gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R800 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za