Lady Africa Bush Lodge

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Lady Africa Bush Lodge is op 'n privaat wildsplaas in Sterkrivier in die Mokopane-gebied geleë. Die lodge is ideaal vir gaste wat op soek is na gerieflike bosverblyf.

Lady Africa Bush Lodge bied verblyf in 4 safari-tente, 8 seiltente in die bos en 1 wittebrood-suite. Al die tente het beddens en en suite-badkamers met storte, wasbakke en toilette. Geriewe in die tente sluit waaiers, haardroërs, flitse en kragproppe in.

Elke safari-tent en die wittebrood-suite het 'n kombuisie wat goed toegerus is, 'n privaat buitebad, braaigeriewe en 'n privaat plonspoel. Die safari-kamp het 'n gedeelde kombuis en 'n pool-tafel by die lapa. Kinders word nie by dié kamp of by die wittebroodsuite toegelaat nie.

Die boskamp is egter ideaal vir 'n groep. Elke tent het sy eie kombuis wat goed toegerus is, 'n badkamer en braaigeriewe. Die kamp bied ook 'n gemeenskaplike kombuis, onderdak-lapa met 'n pool-tafel en 'n swembad. Kinder is welkom by die boskamp.

Die lodge bied konferensiegeriewe naby die boskamp vir sakereisigers, asook geriewe vir troues, partytjies, spanbou-geleenthede en ander byeenkomste. Lady Africa Bush Lodge is 'n troeteldiervriendelike instansie.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering
  •  Konferensiegeriewe

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Speletjieskamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Malaria-vrye streek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Konferensiegeriewe

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Konferensiegeriewe

  •  Dataprojektor
  •  Skootrekenaar-projektor
  •  Televisie
  •  Plek vir tot 20 afgevaardigdes

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Onderdakparkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Lady Africa Bush Lodge gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R590 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za