Lady Hamilton Hotel

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Lady Hamilton Hotel is in die boomryke voorstad van die Tuine, reg agter die Mount Nelson-hotel geleë. Dis in dieselfde, kenmerkende pienk kleur geverf en dis vernoem na Lord Nelson se pragtige minnares, Lady Emma Hamilton.

Die hotel bied 78 gemaklike en suite-kamers, hetsy met uitsigte op Tafelberg of oor die stad. Alle kamers het lugversorging, TV en 'n kluis. Die hotel bied ook twee gesinskamers wat elkeen slaapplek vir 4 mense het. Daar is ook 'n wasgoed- en droogskoonmaakdiens beskikbaar.

Tafelberg troon uit bo die Tuine en die kabelkarretjie is net 'n kort entjie se ry weg. Die middestad is net 15 minute se stap weg - verby die Kompanjiestuin en die historiese parlement.

Daar is 'n rekenaar beskikbaar vir gaste se gebruik, asook WiFi-toegang in die ontvangsarea. Die lieflike swembad is 'n unieke kenmerk van die Lady Hamilton Hotel. Die swembad is heeltemal beskut teen die wind en dit vorm die "hart" van die hotel se uitleg.

Tuine is reg bo die middestad geleë en dis een van Kaapstad se oudste voorstede. Lady Hamilton Hotel is in die vroeë 1950's opgerig. Die gebou het 'n koloniale ontwerp en dit word omring deur historiese geboue. Dit is binne stapafstand vanaf Kloofstraat met al sy modieuse en bekoorlike winkels, deli's, top-restaurante en koffiewinkels.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Veilige Parkering
  •  Konferensiegeriewe

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  American Express
  •  Diners-kaart
  •  Kontant

Geriewe

  •  24-uur Ontvangs
  •  Kroeg
  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Swembad
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Restaurant op Perseel
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Konferensiegeriewe

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Konferensiegeriewe

  •  Lugversorging
  •  Plek vir 50 of meer afgevaardigdes

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete
  •  Middagete

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Lady Hamilton Hotel gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 840 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za