Lagoon Beach 237A by CTHA

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Lagoon Beach 237A by CTHA is 'n selfsorgwoonstel in 'n veilige kompleks langs die strand in Milnerton met panoramiese uitsigte oor die strandmeermond en gedeeltelike see-uitsig. Die kompleks is net sowat 2,5 km vanaf Kaapstad Internasionale Lughawe en 9 km van die middestad af.

Dié woonstel is op die tweede verdieping en het 2 slaapkamers en 2 badkamers. Elke kamer het 'n dubbelbed en die hoofslaapkamer het 'n en suite-badkamer. Die tweede kamer het 'n aparte badkamer. Die kombuis is toegerus met 'n yskas-vrieskas, elektriese stoof en oond, mikrogolf, ketel, broodrooster en 'n koffiemaker. Daar is ook 'n wasmasjien, tuimeldroër, breekware, eetgerei en ander kooktoebehore.

Die oopplan-leefarea het 'n etenstafel vir 6, 'n sitarea, 'n Slim-TV met sekere DStv-kanale, Netflix en 'n Bluetooth-luidspreker. Dié vertrek lei na 'n balkon met 'n Balau-dek.

Die woonstel beskik ook oor gratis, onbeperkte WiFi, 'n haardroër, 'n strykyster en -plank, en 'n kluis waarin 'n skootrekenaar kan pas. Die kompleks het 'n hysbak, gemeenskaplike gimnasium, dakswembad en veilige onderdakparkeerplekke.

Slaapplek

'n Bespreking by Lagoon Beach 237A by CTHA sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Kenmerke

  •  Swembad
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Gimnasium
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Lagoon Beach 237A By CTHA gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 145 per nag (plek vir 4)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za