L'Agulhas Homestay

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

L'Agulhas Homestay is 'n ruim gastekamer wat slaapplek vir altesaam 3 gaste bied. Dit is 'n lieflike, kindervriendelike gesinshuis net 60 m van die see af.

Alle badkamerprodukte, linne en handdoeke word voorsien. Die kombuis is volledig toegerus en beskikbaar vir gaste se gebruik. Gratis WiFi word voorsien.

L'Agulhas Homestay is naby winkels, restaurante en getypoele wat dit die ideale wegbreekplek maak vir gaste wat op soek is na 'n rustige vakansie in 'n pragtige omgewing. Ons is stapafstand vanaf die bekende Agulhas-vuurtoring en die suidelikste punt van Afrika waar die Indiese en Atlantiese Oseane ontmoet.

L'Agulhas Homestay bied gesin-georiënteerde verblyf en die eienaar verkies om gesinne en getroude paartjies te akkommodeer.

Alkohol en rook is verbode.

Slaapplek

'n Bespreking by L'Agulhas Homestay sluit in:

1 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Koningingrootte-bed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Swem
  •  Tennis

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant

Geriewe

  •  Kinderoppasser Op Versoek
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na L'Agulhas Homestay gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R900 per nag (vir 3 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za