Laguna La Crete 13

Voeg by Gunstelinge

 

Spesiale Aanbod 20 % af

Kry 20% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 2 Mei 2019 tot 12 Des 2019.

Beskrywing

Laguna La Crete 13 is 'n selfsorgwoonstel in 'n veilige kompleks in Beacon Rocks in Uvongo. Die kompleks is naby die Uvongo-swemstrand en ander besienswaardighede in die omgewing.

Dié woonstel op die grondvloer het slaapplek vir 4 volwassenes en 4 kinders, en beskik oor 3 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n bad. Die tweede slaapkamer het ook 'n dubbelbed en die derde slaapkamer het 2 stapelbeddens vir 4 kinders.

Die tweede badkamer het 'n bad, stort, wasbak en 'n toilet. Die oopplan-kombuis het 'n yskas, mikrogolfoond, oond, stoof en 'n skottelgoedwasser. Die sitkamer langsaan het 'n TV met 'n DStv-koppelpunt, so gaste kan hulle eie DStv-dekodeerder, -kabels en -slimkaart saambring. Daar is egter nie 'n koppelpunt vir Explora-dekodeerders nie.

Die leefarea lei na 'n balkon met 'n gasbraai. Die kompleks spog met 'n gemeenskaplike swembad, braaigeriewe, 'n klubhuis, 'n tennisbaan en veilige onderdakparkeerplek.

Die kompleks is ook net 6 km vanaf die Hibiscus Mall, Margate-hoofstrand, Shelley Sentrum, restaurante en net 'n entjie se ry van ander geriewe aan dié deel van die Suidkus af.

Slaapplek

'n Bespreking by Laguna La Crete 13 sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 3 - Huisves 4 persone
2 x Stapelbed

Kenmerke

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem
  •  Tennis

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Laguna La Crete 13 gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R968 R774 per nag (plek vir 8)

Kry 20% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 2 Mei 2019 tot 12 Des 2019.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false