Laingsburg Akkommodasie by Laings Lodge | LekkeSlaap
+26

Laings Lodge

B&B

Opsomming van Resensie

4.6 uit 5van 31 resensies vir Laings Lodge
Netheid
4.7/5
Diens
4.5/5
Ligging
4.6/5
Veiligheid
4.6/5
Waarde vir geld
4.4/5
Susan K - Jan 2020
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Susan K
Saam met vriende

Oorgebly vir 'n troue in die area. Min tyd in Laingsburg spandeer, maar die lodge was heerlik

Heerlik gebly. Baie skoon en netjies, en die kamers word baie goed onderhou. Die foto's is baie beskeie vir hoe goed Laingsburg Lodge eintlik is.

Michelle K - Des 2019
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
4/5
Michelle K
Gesin met klein kinders

Skoon en gerieflik.

Beslis 'n uitstekende rusplek halfpad Kaap toe. Sal beslis weer daar tuisgaan.

Laings Lodge's terugvoer

Baie dankie Michelle!!

Laings Lodge
Niclas S - Des 2019
Gemiddeld
Netheid
4/5
Diens
4/5
Ligging
4/5
Veiligheid
3/5
Waarde vir geld
4/5
Niclas S
Enkelreisiger

Goed genoeg.

Daar is nie veel meer wat jy kan verwag van 'n 3-ster-hotel op 'n klein dorpie. In terme van jou ander opsies is Laings Lodge een van die beste. My enigste bekommernis was veiligheid met die kamer hek en deur die enigste beskerming tussen jou en 'n ooploopstraat. Verder was die kliëntediens baie goed en die ontbyt billik. As ek weer moet oornag bly sal ek definitief Laings Lodge weer gebruik

Laings Lodge's terugvoer

Goeie dag Niclas,

Ek verstaan u bekommernis omtrent veiligheid - ons wil darem ook nou nie ons gaste in 'n tronk toesluit nie, maar nogsteeds he hulle moet die rustigheid van die platteland kan geniet. As die veiligheidshek gesluit bly en geen versoekings geskep word nie glo en vertrou ek dat u redelik veilig sal wees op ons perseel. Alhoewel enige iets kan gebeur maak nie saak hoe veilig mens dit probeer maak nie. Baie dankie vir die ander komplimente!

Laings Lodge
Yolanda B - Des 2019
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Yolanda B
Gesin met tieners

Ons het baie lekker oorgeslaap op pad Weskus toe, die eenheid was silwerskoon en baie veilig.

Laingsburg Lode was pragtig, netjies en baie gerieflik ingerig. Die personeel was baie vriendelik en behulpsaam. Dit was ongelukkig beurtkrag terwyl ons daar was, so 'n kragopwekker sou handig gewees het, maar dit het nie regtig gepla nie, en daar was 'n flitsliggie in die kamer beskikbaar. Ons kar was agter 'n hek toegesluit, so dit was baie veilig. Ons het lekker gebly, en sal vir seker weer daar oorslaap op pad Weskus toe.

Laings Lodge's terugvoer

Goeie dag Yolanda,

Baie dankie vir die mooi terugvoering. Ons probeer ons bes om ons gaste veilig en op hulle gemak te laat voel wanneer hulle by ons oornag. Veilig reis die vakansietyd en ons hoop om u weer te sien!

Laings Lodge
Stiaan H - Aug 2019
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
4/5
Ligging
4/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
3/5
Stiaan H
Saam met eggenoot / lewensmaat

Gerieflik.

Het B&B bespreek toe kry ons selfsorg en vir dieselfde tarief. Teleurstellend.

Laings Lodge's terugvoer

Goeiemôre Stiaan,
Ek is baie jammer om te verneem dat dit wat u bespreek het nie was wat u gekry het nie. Die bespreking soos ek dit ontvang het was vir 'n "Self-catering Single Room - 2 Adults". Die tarief wat u betaal het was ook ons tarief vir selfsorg en nie die tarief vir bed & ontbyt nie. U kon enige tyd dit met ontvangs opgeneem het en dan kon u die bespreking verander het dat u ontbyt kon eet en ek kon op daardie stadium navraag gedoen het oor hoekom die bespreking soos u gemaak het dan nou anders was as die een wat ek ontvang het. Ek is baie jammer dat ons u teleurgestel het.
Mari

Laings Lodge
Marié G - Mei 2019
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Marié G
Saam met eggenoot / lewensmaat

Baie netjies en gerieflik.

Laings Lodge is 'n baie netjiese en gerieflike tuiste, ons het al die geriewe gekry wat ons benodig het om te oornag, dankie Laings Lodge, julle het 'n uitmuntende fasiliteit vir reisigers.

Laings Lodge's terugvoer

Baie dankie vir die komplimente! Ons voel tevrede as ons weet ons gaste het hulle verblyf geniet. Hoop ons sien weer eendag.

Laings Lodge
Ellen Barbara S - Apr 2019
Gemiddeld
Netheid
3/5
Diens
3/5
Ligging
5/5
Veiligheid
3/5
Waarde vir geld
3/5
Ellen Barbara S
Gesin met klein kinders

Aangenaam.

Gerieflik vir een nag se oorbly.

Kelly-ann P - Feb 2019
Gemiddeld
Netheid
4/5
Diens
2/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
3/5
Kelly-ann P
Gesin met klein kinders

Dit was okay, nie wat ons verwag het nie.

Die naweek het goed begin, die plekkie waarin ons gebly het was lieflik, maar daar was net een donker wolkie. Ons het heeldag sonder water gesit en moes uit ons eie navraag doen in verband met die probleem. Ons is in kennis gestel dat die water deur die munisipaliteit afgesit was vir 'n tydperk en die bestuur kon ons nie inlig wanneer dit weer sou aangaan nie. Dit was 'n ongemaklike situasie omdat ons van die pad af gekom het en kinders het wat moes bad. Wat my omgekrap het was nie die feit dat daar nie water was nie, maar dat ons nie ingelig was daarvan nie en dat ons self moes gaan uitvind wat aangaan, ook omdat die bestuur 'n "never mind" houding in geneem het toe ons navraag doen daaroor. Ten spyte van die waterlose situasie het ons tog lekker gebly en die kinders het die swembad geniet.

Laings Lodge's terugvoer

Ek is baie jammer dat u voel ons personeel het 'n "never mind" houding ingeneem. Ons was self nie bewus dat die water af is nie, want ons het heel oggend ons gewone huishoudelike take verrig en daar was water. Dit was eers toe u kom navraag doen het dat ons uitgevind het die water is af. Die personnel was reeds almal huis toe, dit was net ontvangs en die kantoor wat hier was. Ongelukkig het ons geen kennis van ons munisipaliteit ontvang dat daar nie water gaan wees nie. U sou dalk opgelet het dat in die kamer is 'n kennisgewing van die beurtkrag. Dit het ons ontvang d.m.v. Eskom en so kan ons ons gaste voorberei as die krag dalk afgaan, maar as ons self nie enige kennisgewing oor die water ontvang nie, kan ons ongelukkig nie ons gaste voorberei nie al wil ons hoe graag. Ek is regtig jammer dat die situasie wat buite ons beheer was veroorsaak het dat u nie lekker by ons gebly het nie.

Laings Lodge
Corrie B - Jan 2019
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Corrie B
Saam met eggenoot / lewensmaat

Ideale plek om te oornag.

Laings Lodge was perfek vir 'n stil en veilige oornagstop. Die vriendelike personeel het uit hul pad gegaan om ons te akkommodeer.

Laings Lodge's terugvoer

Die kamer waarin u oornag het is van ons bestes, want hy kyk uit op die tuin, braai area en swembad, weg van die straat se lawaai. Ons voel gerus dat gaste se voertuie agter afstandbeheer hekke kan staan, want dit maak mens net nog rustiger om die omgewing te kan geniet. Kom maak gerus weer eendag 'n draai by ons.

Laings Lodge
Elsabe B - Jan 2019
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Elsabe B
Gesin met klein kinders

Netjies.

Skoon, netjies, vriendelik en ruim verblyf. Silwerskoon swembad was 'n fees na lang dag se ry.

Laings Lodge's terugvoer

Baie dankie vir die terugvoering. Ons is bly u het u verblyf by ons geniet. Hoop ons sien gou weer.

Laings Lodge
Johann F - Jul 2018
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
5/5
Johann F
Gesin met klein kinders

Rustig en gemaklik.

Ek kan regtig sê dat ons met aankoms alreeds gemaklik gevoel het en is baie goed en vinnig gehelp. Die kamers is baie netjies en veral die selfsorg-eenheid vir 'n gesin is goed ingerig en 'n wenner. Baie dankie vir alles.

Laings Lodge's terugvoer

Ek is baie bly dat u rustig en gemaklik was by ons. Omdat ons so ver van alles af is is dit vir ons belangrik dat ons gaste die rustigheid en kalmte van die karoo moet geniet terwyl hulle by ons uitspan. Ons hoop om u weer te sien.

Laings Lodge
Oosie O - Mrt 2018
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Oosie O
Saam met eggenoot / lewensmaat

Baie goeie diens en 'n lekker oornag met goeie ontbyt!

Baie goed baie gemaklik en rustig!

Laings Lodge's terugvoer

Ons is baie bly dat u u verblyf by ons geniet het. Ons ontbyt bly maar 'n "staatmaker"
Hoop om u gou weer te sien.

Laings Lodge
Ilza J - Mrt 2018
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Ilza J
Gesin met tieners

Uitstekende diens, veilig, pragtige kamers en heerlike ontbyt.

Sien sterre.

Laings Lodge's terugvoer

Dit was baie lekker om u te kon ontvang by die Lodge en dit is nog beter om te hoor dat u u verblyf by ons baie geniet het. Hoop ons sien u weer in die toekoms.

Laings Lodge
Sandra T - Jan 2018
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Sandra T
Saam met eggenoot / lewensmaat

Aan te beveel.

Hulle was so oulik om ons na 'n ander huis toe te skuif, aangesien daar 'n troue was en hulle bang was dat dit te veel gaan raas.

Laings Lodge's terugvoer

Gelukkig het ons fantastiese selfsorg eenhede loopafstand vanaf die Lodge net af in die straat en kon ons plan maak om te verseker ons gaste word nie verniet verontrief nie. Ons is bly dat die skuif darem die moeite werd was! Hoop om u weer te sien.

Laings Lodge
Marlynn M - Jan 2018
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
3/5
Marlynn M
Saam met eggenoot / lewensmaat

Sou hou van gemakstoel in kamer.

Arriveer 17:00, wou nie toe al lê en lees nie.

Laings Lodge's terugvoer

Ons het gemakstoele in die nuuste selfsorg kamers en van die ouer kamers. Ongelukkig kan ons nie in al die kamers gemakstoele sit nie, want almal is nie ruim genoeg dat daar nog vir 'n gemakstoel ook plek is nie. Daarom het ons lekker banke by die swembad of op die voorstoep of gaste kan ook van die eet area gebruik maak om te sit en lees of op 'n skootrekenaar te werk.

Laings Lodge
Susan R - Jan 2018
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Susan R
Saam met eggenoot / lewensmaat

Baie netjiese kamers, vriendelike diens en fantastiese ontbyt.

Ek het die kamers bespreek vir my ouers op hulle pad terug vanaf die Weskus na die Karoo en hulle het die verblyf baie geniet.

Laings Lodge's terugvoer

Ons is baie trots op ons ontbyt. Dit gee net daardie ekstra bietjie "woema" om die pad deur die dorre Karoo te kan aanpak. Ons is baie bly u ouers het hulle verblyf ook geniet! Kom kuier gerus weer.

Laings Lodge
Peet J - Jan 2018
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Peet J
Saam met eggenoot / lewensmaat

Ons het in die Anneks gebly. Skoon, rustig met vriendelike en goeie diens.

Skoon veilige verblyf met vriendelike diens. Kamers het lugversorging met kwaliteit beddens vir 'n goeie nag se rus. Ek het nagelaat om my hemde in te laai en die bestuurder van die gaste huis het uit haar pad gegaan om my te help om dit in Stellenbosch te kry. Sal aanbeveel vir reisigers wat Laingsburg aandoen.

Ané V - Des 2017
Gemiddeld
Netheid
4/5
Diens
3/5
Ligging
4/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
4/5
Ané V
Saam met eggenoot / lewensmaat

Ontspannend.

Rustig en veilig. Netjies.

Laings Lodge's terugvoer

Hier in die hartjie van die Karoo wil ons graag hê ons gaste moet kan skoene uitskop, agteroor sit en lekker ontspan. So ons probeer alles in ons vermoë om die kuier vir ons gaste so aangenaam as moontlik te maak! Sulke terugvoering is vir ons 'n aanduiding dat ons op die regte pad is. Baie dankie

Laings Lodge
Michael H - Okt 2017
Gemiddeld
Netheid
4/5
Diens
4/5
Ligging
4/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
4/5
Michael H
Saam met eggenoot / lewensmaat

Waarde vir geld.

Ons kamers was beskikbaar voor die gegewe inboektyd van 14:00. Kamers was na behore toegerus, pynlik netjies en skoon. Gerieflike parkering agter sekuriteitshekke. Ontbyt was uitstaande, veral die vars en gestoofde vrugte was heerlik.

Laings Lodge's terugvoer

Ons is baie bly dat u die verblyf by ons geniet het. Ek stem saam ons ontbyt is nogal 'n groot treffer. Baie dankie vir die goeie terugvoering!

Laings Lodge
Matt V - Okt 2017
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Matt V
Saam met eggenoot / lewensmaat

Skoon netjies, alles wat mens benodig.

Baie vriendelike personeel, kamers goed toegerus, uitstekende ontbyt,kan Laings Lodge sterk aanbeveel.

Laings Lodge's terugvoer

Ons waardeer dit as gaste vir ons sê waar ons kan verbeter of verander, maar ek is baie bly vir al die goeie terugvoering wat u oor ons gee - dan weet ons ons is darem nog op die regte pad! DANKIE BAIE

Laings Lodge
Frieda D - Sep 2017
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Frieda D
Saam met eggenoot / lewensmaat

Ons het lekker geslaap.

Laings Lodge is gerieflik geleë en ons het dit maklik gekry. Laings Lodge is gerieflik naby aan die N1 geleë. Die kamer was netjies en skoon. Die ontbyt die oggend was heerlik. Sal volgende keer weer daar gaan slaap.

Laings Lodge's terugvoer

Baie dankie, ons sien uit na u volgende kuier!

Laings Lodge
Rachel K - Mrt 2017
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Rachel K
Saam met eggenoot / lewensmaat

Fantasties.

Die beste plek om oor te slaap na 'n baie lang ry.

Laings Lodge's terugvoer

Dit is 'n groot kompliment - Baie dankie!

Laings Lodge
Jan H - Jan 2017
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
4/5
Ligging
5/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
4/5
Jan H
Saam met eggenoot / lewensmaat

Oase na lang dag op die pad.

Na 'n lang reis was dit 'n lafenis om hier af te pak. Lugreëling en heerlike ontbyt was 'n bonus. Personeel hartlik en gasvry.

Laings Lodge's terugvoer

Ons is baie bly dat ons vir u 'n oase kon wees na 'n lang dag. Ons probeer om ons gaste so koel as moontlik te kan hou in hierdie karoo warmte. 'n Mens voel altyd sterk as jy die dag met 'n goeie ontbyt begin!

Laings Lodge
Roché O - Jan 2017
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Roché O
Saam met eggenoot / lewensmaat

Mooi, skoon, netjies en gerieflik.

Sou ook wou sien dat hulle onderdak parkering vir gaste se voertuie daar stel.

Laings Lodge's terugvoer

Baie dankie!

Ons werk daaraan om darem op een of ander stadium skadu parkering te kan bied, daar is ongelukkig net 'n paar dinge wat in ag geneem moet word.

Laings Lodge
Lee-grant B - Des 2016
Gemiddeld
Netheid
4/5
Diens
3/5
Ligging
3/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
4/5
Lee-grant B
Saam met eggenoot / lewensmaat

Baie aangenaam.

Baie vriendelik diens, baie aangename verblyf.

Laings Lodge's terugvoer

Ons is baie bly om te verneem dat u, u verblyf by ons geniet het. Hoop om u weer te sien.

Laings Lodge
Ria D - Nov 2016
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Ria D
Saam met eggenoot / lewensmaat

Heerlik stil en rustig.

Sien die sterre.

Thomas M - Okt 2016
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Thomas M
Saam met eggenoot / lewensmaat

Vriendelik.

Skoon, netjies en vriendelik.

Chani V - Apr 2016
Gemiddeld
Netheid
3/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Chani V
Gesin met klein kinders

Rustig en stil area.

Ons het baie lekker geslaap en die volgende oggend die lekkerste ontbyt gehad en die vriendelikste mense wat daar werk.

Laings Lodge's terugvoer

Baie dankie - dit is altyd goed om te hoor as ons gaste gelukkig en tevrede was. Hoop ons sien u weer eendag.

Laings Lodge
Salome V - Jan 2016
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Salome V
Gesin met klein kinders

Heerlik, skoon en lekker gebly!

Die personeel is besonders vriendelik en hulpvaardig, kamers is ruim en netjies en ontbyt was heerlik! Ons sal enige tyd weer daar inval. Het lekker gekuier!

Laings Lodge's terugvoer

Hi Salome,

Baie dankie. Dit is goed om te hoor julle het dit geniet. Ons sien uit om julle weer by ons te ontvang.

Laings Lodge

Laings Lodge
Unis B - Jan 2016
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Unis B
Saam met eggenoot / lewensmaat

Pragtige plek.

Heerlike ontbyt. Sal weer daar oornag.

Odehlia E - Des 2015
Gemiddeld
Netheid
4/5
Diens
3/5
Ligging
3/5
Veiligheid
3/5
Waarde vir geld
3/5
Odehlia E
Saam met eggenoot / lewensmaat

Teleurgesteld.

Die verblyf was netjies en skoon. Daar was 'n probleem met my pa se kamer, maar is deur hulle uitgesorteer en ons is terugbetaal. Wat sleg was is dat ons juis die spesifieke lodge gekies het oor daar op die webtuiste 'n swembad en restaurant geadverteer was maar ons kon nie een van die twee geniet nie! Ons moes by die vulstasie Steers koop wat vir ons uiters teleurstellend was!

Laings Lodge's terugvoer

Goeie dag Odehlia,

Ons wil opreg om verskoning vra dat julle teleurgesteld is, ons verstaan ten volle. Ongelukkig was dit 'n situasie buite ons beheer. Die swembad is net by die lodge en julle was by die Annex ingeboek, maar ons Annex-gaste kan enige tyd die swembad gebruik. Ons het ongelukkig nie 'n restaurant nie, die Steers Diner behoort aan dieselfde eienaar as die lodge, daarom verwys ons gaste daarheen. Ons hoop julle sal weer eendag by ons wil oorbly, ons sal graag ons Karoo-gasvryheid aan julle wil openbaar.

Groete,
Laings Lodge - bestuur

Laings Lodge
Vanaf R1 020
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R1 020
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R1 020
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 86 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 22 Swartberg Straat, Laingsburg, 6900, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGM3NTcwNDA0LWIzNmMtNDVkOC05ODEwLTMxODc4OTM3YjU4YQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 020  per nag (vir 2 persone) 31 5 1 5 22 Swartberg Street Laingsburg 6900 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-23:00 10:00 -33.195348063373 20.858260095119
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za