Lakeshore Place

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Lakeshore Place is 'n selfsorg-eenheid op die eienaar se eiendom in Noordhoek met veilige parkeerplek. Hoewel dit redelik naby Kaapstad is, bly Noordhoek landelik, en daar is buitensporig baie kunssinnige mense wat daar woon. Die plat landskap is ideaal vir strandmere en is omring deur die pragtige Long Beach. Perdry is gewild in dié omgewing.

Die eenheid bied slaapplek aan 2 gaste en het 1 slaapkamer, 1 badkamer, en 'n gesellige oopplan-kombuis en leefarea. Die slaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en wasbak.

Die kombuis is goed toegerus met 'n enkele stoofplaat, yskassie, ketel, broodrooster, mikrogolfoond, eetgerei en breekware. Daar is ook 'n ontbytkroeg met stoele. Die sitkamer het 'n uitvou-slaapbank en 'n TV teen die muur. Daar is gratis, beperkte WiFi. Die eenheid het eie ingang deur die tuin en is ideaal vir 'n paartjie. 'n Klein draagbare braai is op versoek beskikbaar.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Fietsry

Badkamer

  •  En-suite
  •  Stort

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Mikrogolfoond

Geriewe

  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Selfsorg
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Lakeshore Place gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R560 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za