Lakeside Lodge

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Weggesteek in die hange van die berge van Muizenberg, bied Lakeside Lodge uitstekende uitsigte oor die Hottentots-Hollandberge, Zandvlei Estuary Natuurreservaat en voorstede so ver as wat die oog kan sien. Die ontspanne atmosfeer laat jou toe om terug te sit en die rus en vrede te geniet. Of jy kan uitgaan en die vele gerieflike en maklik toeganklike doendinge en vermaak, wat Kaapstad bied, uittoets.

Verblyf is beskikbaar in 6 kamers, elk met 'n TV, kombuisie en 'n privaat badkamer met 'n stort en handdoeke. Meeste kamers het 'n balkon met 'n see- of berg-uitsig.

Die lodge bied berg-, meer- en see-uitsigte asook 'n buite-swembad. Die lodge het braaigeriewe en daar is 'n supermark net 'n entjie se stap ver. Ontbyt kan gereël word op versoek teen ' n ekstra koste.

Lakeside Lodge is slegs 20 km vanaf Boulders-strand en 30 minute agter die stuur sal jou by Kaapstad Internasionale Lughawe bring. Die onmiddellike omgewing bied verskeie doendinge en vele van die hoofbesienswaardighede is sommer op jou drumpel. Kaappunt, die historiese vlootbasis by Simonstad en Boulders-strand se pikkewynkolonie sal oorgenoeg vermaak verseker.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  ADSL-lyn
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Speletjieskamer
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Nederlands
  •  Frans
  •  Duits

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Lakeside Lodge gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 100 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za