Lalapanzi Guest House

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Welkom by St. Lucia aan die Olifantskus in KwaZulu-Natal, een van die mooiste ongerepte gebiede en Suid-Afrika se eerste Wêrelderfenisgebied!

As jy gerief en vriendelike diens soek, is Lalapanzi Guest House net die plek vir jou.

Gaste word hartlik verwelkom en gehelp om die beste van hul besoek aan die Wêrelderfenisgebied te maak. Hierdie ou Victoriaanse huis het 6 gerieflike kamers met lugversorging, koffie- en teemaakgeriewe, plafonwaaiers, fudge en haardroërs. Al die kamers is en suite met 'n bad of stort of albei. Die huis het DStv in die sitkamer, 'n leesruimte, wasgoeddiens en veilige parkering. 'n Restaurant is binne loopafstand en daar is 'n openbare kluis in die huis.

'n Groot ontbyt word op 'n hout dek bedien met 'n uitsig oor die soutwater-rotsswembad en die pragtige groot woudtuin. Daar is 'n oorvloed voëls en klein diertjies. Hierdie tuin sal jou asem wegslaan en saans verlig die Melkweg die hemel. Daar is ook 'n braaiplek in die tuin met tafels en stoele onder die bome.

Banke, 'n kruidenierswinkel, vulstasie, poskantoor, polisiekantoor en dokters is naby, om nie van gehalterestaurante te praat nie! Die weer is die grootste gedeelte van die jaar goed en die natuur sit altyd sy beste voetjie voor. St. Lucia is klein maar bied groot avontuur en sal vir enige toeris voorsiening maak. Kom geniet die vleiland by Lalapanzi Guest House.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek

Aktiwiteite Naby

  •  Groot 5
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie

Aktiwiteite op perseel

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  ADSL-lyn
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete Op Versoek
  •  Piekniek-middagete

Parkeerplek

  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Lalapanzi Guest House gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 160 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za