Langdam-in-Koo

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Langdam-in-Koo is 'n vrugteplaas wat versteek is in die Koovallei. Die plaas skuil aan die voorheuwels van die Langeberge met asemrowende uitsigte en 'n rustige plaasatmosfeer.

Langdam bied lieflike selfsorgkothuis en houthuisies asook verblyf in safari-tente tydens die somermaande. Al ons houthuisies en kothuisies is volledig voorsien van linne, handdoeke, kooktoebehore, yskaste, eetgerei en breekgoed. Daar is 10 safari-tente wat tussen die bome opgestel is en naby Pine Tree-houthuisie geleë is. Die Pine Tree-houthuisie het 'n gemeenskaplike vermaakarea en ablusiegeriewe met 4 toilette vir die kampterrein en 2 warm storte, 'n ingeboude, antieke Dover-stoof, sitplek, tafels, 'n plek om maaltye voor te berei, asook 'n opwasarea. Elke tent het slaapplek vir 2 gaste. Daar is 7 eenhede met dubbelbeddens en 3 eenhede met 2 enkelbeddens. Die tente is nie beskikbaar tussen Junie en September nie.

Ons hoofdam het 'n lapa van klip en hout waar gaste kan braai en die voëls (ganse, tarentale, eende, poue en kalkoene) kan dophou, swem, baarshengel, op 'n bootjie uitvaar of net in die water baljaar op 'n trekker se binneband in tipiese plaasstyl. Die varke is ook 'n groot treffer onder kinders. Langdam is ook beskikbaar vir troues en kleiner funksies.

Ons is 185 km van Century City in Kaapstad, 30 minute se ry (38 km) van die historiese dorpie en warmwaterbron, Montagu, op die wyn- en brandewynroete geleë. Die omliggende area bied die geleentheid vir ekspedisies in die klowe, perdry, gholf, trekkerritte en goeie, tradisionele Suid-Afrikaanse kookkuns en gasvryheid.

Ons is 'n troeteldiervriendelike instansie, maar daar is net omheinde tuine by die kothuis en nie by die kampterrein nie. Indien jy jou honde wil saambring, laat ons asb. vooraf weet. Aangesien ons naby die berg is, is hier ook slange. Indien jy jou hond saam neem op 'n staptog, wees asb. bewus daarvan dat hulle op 'n slang mag afkom. Ongelukkig is die naaste hospitaal in Roberston 70 km van ons af. Ons kan nie verantwoordelikheid neem vir enige noodlottige beserings aan troeteldiere terwyl hulle op die plaas is nie. Die Langdam-familie het 5 vriendelike honde en ons hoop ons gaste geniet hulle so baie soos ons!

Langdam het iets vir almal. Dit is 'n wonderlike plek vir diegene wat belangstelling toon in fotografie, skilder, voetslaan, bergfietsry, sterrekyk en hengel.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes

Aktiwiteite op perseel

  •  Kunsvlieghengel
  •  Visvang
  •  Baarshengel
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Duits

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Langdam-in-Koo gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R550 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za