Langebaan Sea Cottages

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Langebaan Sea Cottages is net 500 m vanaf Langebaan se lieflike strande, vlieërwinkels en restaurante geleë en kyk uit oor die strandmeer.

Ons het 3 aparte eenhede, waarvan 2 ateljee-woonstelle is (Serendipity front na die lagoon en Synchronicity front na die binnehof). Elke ateljee-woonstel het slaapplek vir 2 gaste en 'n en suite-badkamer met 'n hoekbad en 'n stort, 'n goed toegeruste kombuis en 'n eettafel met stoele rond die kothuis af. Albei kothuise het hul eie ingange. Die derde eenheid is geskik vir 'n gesin en het 2 slaapkamers, 2 badkamers en 'n privaat patio wat oor die strandmeer uitkyk.

Die eenhede beskik oor verskeie items wat jy vir jou verblyf mag nodig kry, soos waaiers, verwarmers, badhanddoeke, WiFi en DStv. Swemhanddoeke kan op versoek voorsien word.

Daar is 'n sentrale binnehof wat lekker beskut is met 'n gemeenskaplike gasbraai en plek om te eet. Daar is ook 3 gewone braaiplekke. Jy kan hout teen ekstra koste by die bestuur aanvra.

By Langebaan Sea Cottages kan jy met 'n skemerkelkie in die hand die sonsondergang oor die strandmeer dophou, heerlik gaan eet by een van die top restaurante, of toelaat dat die seegeluide jou aan die slaap sus. Die omgewing bied verskeie doendinge en besienswaardighede, soos die fossielpark, wild by die nasionale park, pieknieks en strande. Jy kan dalk selfs die pragtige flaminke, 'n walvis of 'n rob sien.

Kenmerke

  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wildkyk

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Langebaan Sea Cottages gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R850 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za