Langholm Pineapple Farm

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Kom kuier in ons gesellige kothuis op ons familie-pynappelplaas. Die plaas is slegs sowat 10 km vanaf Bathhurst, en 30 km vanaf Grahamstown, net af van Route 67 in die rigting na Port Alfred. Die deur van hierdie rooi-baksteen bekoorlike kothuis is versteek deur pers Bougainvillea wat soos linte daaroor hang. Kom geniet die rustige atmosfeer van die plaas.

Die kothuis is 'n privaat selfsorg-eenheid, apart van die hoofhuis, en is ideaal vir 2 persone, of 'n gesin van 4. Dit het 'n goed toegeruste kombuis met broodrooster, ketel, stoof met 2 plate en mikrogolfoond. Die kombuis/sitkamerarea is tussen die 2 kamers geleë. Die 1 kamer het 'n dubbelbed en die ander het 2 enkelbeddens. Die kamers deel 'n stort en toilet. Handdoeke en beddegoed word verskaf, maar gaste moet asb, hul eie handdoeke vir swem bring. Die kamers word daagliks skoongemaak, behalwe op Goeie Vrydag, Kersdag en Nuwejaarsdag.

Braaihout is beskikbaar saam met die draagbare braaigeriewe buite. Gaste kan werklik 'n ware plaas-ervaring hier beleef, gaan stap in die tuin tussen die hoenders, kalkoene en ganse, of gaan stap selfs verder deur die pynappelplantasies. Gaste kan ook na die talle voëls kyk of na die dam stap en ook wild sien anderkant die draad.

Dis vir ons van uiterse belang dat gaste hier tuis en gemaklik voel. Ons is ideaal geleë naby aan Grahamstad indien gaste die Grahamstad Nasionale Kunstefees wil besoek. Ons sien ook baie ouers van studente van Rhodes wat hier oorslaap. Dis ook ideaal vir gaste wat oornagslaapplek soek tussen Durban en Kaapstad, en die Sonskynkus en Port Alfred met sy pragtige strande is sowat 30 minute se ry van ons af.

Kenmerke

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Swem

Badkamer

  •  Stort
  •  Seep

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens

Hier praat ons

  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Elektriese kombers
  •  Waaier
  •  Klein Kombuis
  •  Kluis

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte
  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Langholm Pineapple Farm gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 400 per nag (plek vir 4)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za