Languedoc Verblyf

Voeg by Gunstelinge

 

Spesiale Aanbod 10 % af

Kry 10% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 1 Sep 2019 tot 31 Okt 2019.

Beskrywing

Languedoc Verblyf is in 'n klein Weskus-vissermandorpie, Lambertsbaai in die Malkopbaai-area en bied gerieflike verblyf in eenhede wat see-uitsigte het of net meters van die see af is.

Verblyf is beskikbaar in 3 eenhede: 'n 2-slaapkamer-eenheid met slaapplek vir 8 gaste, 'n oopplan-eenheid met see-uitsigte met slaapplek vir 2 volwassenes en nog 'n eenheid met see-uitsigte en slaapplek vir 2 volwassenes.

Elke eenheid het 'n badkamer en 'n leef- en aatarea. 'n TV met 53 DStv-kanale, 'n toegeruste kombuis met 'n yskas-vrieskas, mikrogolf, ketel, broodrooster, 'n oond/stoof en eetgerei is ook beskikbaar. Skoon linne en handdoeke word gereeld voorsien. Alle eenhede het toegang tot braaigeriewe.

Die selfsorg-eenhede is naby verskeie restaurante, wat die bekende Muisbosskerm-restaurant insluit. Dié prentjiemooi kusdorpie het 'n lang, uitgestrekte sandstrand en dit is ook waar die jaarlikse Kreeffees gehou word. Die seevoëlkolonies by Bird Island lok besoekers van reg oor die land. Hier kan besoekers witmalgasse, kormorante en Afrika-pikkewyne sien. Doendinge sluit gholf, branderplankry, dolfyn- en walviskyk en 4x4-roetes en bootvaarte in. 'n Permit word vereis vir visvang en kreefduik.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant

Geriewe

  •  24-uur Ontvangs
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Nederlands

Parkeerplek

  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Parkering Op Die Straat

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Languedoc Verblyf gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R398 R358 per nag (vir 2 mense)

Kry 10% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 1 Sep 2019 tot 31 Okt 2019.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za