Lanseria Country Estate

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Lanseria Country Estate is op 'n vreedsame landgoed in die Wieg van die Mensdom, net 3 km van Lanseria Lughawe af geleë. Dié het verskeie verblyfopsies te kies en te keur wat dit ideaal vir 'n sakereis, 'n romantiese wegbreek, 'n spanbou-konferensie of 'n gesinswegbreek maak.

Die kamers is elkeen gemeubileer en word daagliks skoongemaak. Elke kamer het DStv (kommersiële pakket), 'n koninggrootte-bed wat op aanvraag in 2 enkelbeddens omskep kan word, elektriese komberse en gratis koffie- en teemaakgeriewe. Gratis WiFi is ook beskikbaar teen sekere bepalings.

Die Selfsorgeenhede is ook toegerus met 'n yskas, stoof, mikrogolfoond, broodrooster, potte en panne, eetgerei en breekware.

Die B&B-eenhede sluit die Deluxe Standaardeenheid, die Luukse Standaardeenheid en die Sakpas-eenheid in. Dié en suite-eenhede is ruim, keurig ingerig en word daagliks skoongemaak.

Gaste kan gerus op die dek sit en die sonsondergang geniet of saans sterrekyk. Daar is ook pragtige uitsigte oor die 2 damme wat propvol forel is. Die @ThePlace2B-restaurant op die perseel is perfek vir uiteet, konferensies, spanbou-aktiwiteite, troues en partytjies. Daar is ook 'n speelgrond vir kinders, 'n sokkerveld en plaasdiere. Gaste kan gerus in die landgoed se gemeenskaplike swembad baljaar of voetslaan, draf of fietsry op die gemerkte roetes. Lanseria bied elke Satergoggend om 8:00 die Lanseria Parkrun aan.

Hiér sal dit voel asof jy op die plaas kuier, maar Lanseria Country Estate is steeds naby Fourways, Krugersdorp, Randburg en die Hartbeespoortdam geleë. Dié landgoed is deel van die Crocodile Ramble in die Wieg van die Mensdom en gaste kan gerus deelneem aan alle doendinge in die omgewing.

Kenmerke

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe

Aktiwiteite Naby

  •  Forelhengel
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Bergfietsroetes

Aktiwiteite op perseel

  •  Kunsvlieghengel
  •  Fietsry
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  American Express
  •  Diners-kaart
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  24-uur Ontvangs
  •  Kroeg
  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Kinderoppasser Op Versoek
  •  Skoonheidskliniek
  •  Spa-behandelinge
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Masseer- en Skoonheidsterapie
  •  Restaurant op Perseel
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Engels
  •  Zoeloe

Konferensiegeriewe

  •  Lugversorging
  •  Dataprojektor
  •  DVD-speler
  •  Blaaibord
  •  Witborde
  •  Televisie
  •  Plek vir tot 10 afgevaardigdes
  •  Plek vir tot 20 afgevaardigdes
  •  Plek vir tot 30 afgevaardigdes
  •  Plek vir tot 50 afgevaardigdes
  •  Plek vir 50 of meer afgevaardigdes

Maaltye Aangebied

  •  Kamerbediening
  •  Ontbyt
  •  Aandete
  •  Aandete Op Versoek
  •  Middagete
  •  Piekniekmandjies Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Lanseria Country Estate gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R933 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false