Lantern Guest House

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Lantern Guest House is 'n pragtige vyfslaapkamerhuis wat in 'n tropiese tuin na aan die besige middestad van Louis Trichardt geleë is. Die gastehuis bied die ideale toevlugsoord vir sakereisigers en gesinne wat dié omgewing besoek.

Die gastehuis het 5 slaapkamers en ons voorsien beddegoed. Die grootste gaste-sitkamer het gemaklike sitplek en 'n volledig toegeruste kombuis en eetarea. Gaste kan maaltye in die kombuis voorberei, wat toegerus is met 'n mikrogolfoond, broodrooster, yskas, eetgerei en breekware. 'n Kontinentale of volledige Engelse ontbyt is beskikbaar op versoek en teen 'n ekstra koste.

Buite is daar 'n swembad en lapa langs dit. Die lapa beskik oor 'n braai-area, eetarea, ysmasjien, yskas en plafonwaaier. Wasgoedgeriewe is beskikbaar op versoek en ons voorsien onderdakparkeerplek van die straat af.

Die gastehuis is na aan verskeie koffiewinkels, wegneemete-plekke, braairestaurante, kroeë en fynproewer-restaurante, met iets wat in elke gas se smaak sal val. Gaste kan ook die vele doendinge in Louis Trichardt op die proef stel, insluitend: gholf, wildritte by enige van die nabye wildplase, visvang en voetslaan.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Konferensiegeriewe

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildkyk
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Konferensiegeriewe

Hier praat ons

  •  Afrikaans

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Lantern Guest House gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R748 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za