@lantic View

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Die selfsorghuis is op die randjie van Walkerbaai se kus geleë en spog met lieflike uitsigte oor die hele Walkerbaai, asook die Kleinrivierberge. Om saans te sien hoe die son sak en later oor die Kaapse Skiereiland verdwyn is deel van die bekoring wat ons jou bied.

@lantic View is een van die oudste eiendomme op Gansbaai se kus. Die huis is onlangs opgeknap tot sy vorige glorie en spesiale aandag word gegee om te verseker dat gaste hul kuier hier sal geniet.

Die huis het plek vir 4 persone. Daar is 2 kamers, 2 badkamers, 'n kombuis en 'n sitkamer. Die kombuis is ten volle toegerus met 'n stoof, yskas en 'n mikrogolfoond. In die sitkamer is daar 'n TV met DStv en 'n DVD-speler. Buite is daar ook 'n braaiplek.

Handdoeke en beddegoed word voorsien en ons kan ook 'n skoonmaakdiens op versoek verskaf. Ons sal verseker dat die huis en braaiplek skoon en netjies is voor jou aankoms, tydens jou kuier asook met vertrek.

Slaapplek

'n Bespreking by @lantic View sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na @lantic View gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 500 per nag (plek vir 4)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]