Lapeng Guest Lodge
Beskrywing
Die woord "Lapeng" beteken "tuiste" in Noord-Sotho en dit is die strewe van die bestuur en personeel van Lapeng Guest Lodge om hierdie naam gestand te doen.
Die lodge word omring deur gronde wat pragtig in stand gehou word tussen die berge in 'n rustige omgewing naby Burgersfort en Steelpoort in Limpopo. Dit is die ideale toevlug van die besige myndorpie van Burgersfort. Ons gaste noem ons gereeld 'n 'oase'. Lapeng bied jou die nodige rus en vrede aan die einde van jou dag.
Lapeng het 28 luukse, stylvolle kamers, elkeen met 'n en suite-badkamer en privaat terras vir absolute privaatheid en vreedsaamheid.
Van die geriewe op die perseel: 'n 20 m swembad, volledige gimnasium, 'n pragtige a la carte-restaurant, 'n kroeg, boma, gratis WiFi en konferensiegeriewe.
Die WiFi is beskikbaar in alle publieke areas en in sekere kamers. Indien jy graag WiFi in jou kamer sou wou hê, moet jy asseblief dit so stel in jou aansoek.
Ons konferensiegeriewe sluit 'n konferensielokaal in wat voorsiening maak vir 300 afgevaardigdes en ook 'n klein vergaderkamer vir kleiner groepe. Ons het konferensiepakkette wat tegnologies gevorderde skerms, klankstelsels, WiFi en ander konferensietoerusting insluit.
Die lodge is geleë op wildplaas met 'n groot verskeidenheid wild wat dikwels tussen die kamers en by die restaurant kom kuier. Lapeng is ook 'n uitstekende bestemming vir voëlkykers.
Of jy nou 'n moeë reisiger of 'n haastige sakeman is, ons sien uit daarna om jou te bederf met ons hartlike gasvryheid.
Kenmerke
- Afrikaans
- Swembad
- Veilige Parkering
- Gratis WiFi
- Konferensiegeriewe
Aktiwiteite Naby
- Kunsvlieghengel
- Baarshengel
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Wildkyk
- Bergfietsroetes
- Swem
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- American Express
- Diners-kaart
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Geriewe
- Kroeg
- Swembad
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Restaurant op Perseel
- Persoonlike Kluis
- Satelliet-TV
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Gimnasium
- Gratis WiFi
- Konferensiegeriewe
- WiFi
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
- Zoeloe
Konferensiegeriewe
- Lugversorging
- Dataprojektor
- Blaaibord
- Witborde
- Skootrekenaar-projektor
- Internet
- Plek vir tot 20 afgevaardigdes
- Plek vir 50 of meer afgevaardigdes
Maaltye Aangebied
- Kamerbediening
- Ontbyt
- Aandete
- Piekniekmandjies Op Versoek
- Etes Op Versoek
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- 24-Uur Sekuriteit
- Agter Elektriese Hek
- Onderdakparkering
- Parkering Van Die Straat Af
Kaart Meer oor die omgewing
Gaste wat na Lapeng Guest Lodge gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:
Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za |
![]() ![]() |