Latitude Aparthotel

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Latitude Aparthotel is in die kosmopolitaanse voorstad Seepunt geleë en bied gerieflike selfsorgverblyf in 'n moderne woonstel met 'n uitsig oor die see en stad. Die gebou is net 1,4 km van die Seepunt-promenade af en die ligging bied toegang tot verskeie Blouvlagstrande, sowel as 'n rits restaurante, koffiewinkels, boetiekwinkels en supermarkte. Die verblyf is ideaal vir sakereisigers en vakansiegangers.

Verblyf word in 31 woonstelle aangebied. Die woonstelle het ruim slaapkamers en leefareas, privaat en suite-badkamers, ten volle toegeruste kombuise, eet- en werkareas, en balkonne met braaigeriewe. Elke woonstel het ook WiFi, 'n slim-TV met sekere DStv-kanale, 'n kluis en 'n luukse verwelkomingspakkie. 'n Daaglikse skoonmaakdiens is beskikbaar.

Die gebou het 'n 24 uur-portierdiens, vergaderkamers, 'n swembad op die dak, 'n gesondheidskafee en veilige parkeerplek.

Kenmerke

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Geriewe

  •  24-uur Ontvangs
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Latitude Aparthotel gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R999 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za