Lavender Lodge

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Lavender Lodge bied B&B-verblyf en is in Gerhardsville, naby Centurion se middestad geleë. Dié gastehuis is ideaal vir gaste wat op soek is na gerieflike oornagverblyf onderweg na verskeie bestemmings.

Verblyf is beskikbaar in 1 gastekamer en 2 kothuise. Die gastekamer het 'n dubbelbed, 'n enkelslaapbank, en 'n en suite-badkamer. Elke kothuis het 'n koningingrootte-bed en 'n stapelbed, asook 'n en suite-badkamer.

Elke eenheid het 'n werkstasie, TV met sekere DStv-kanale, 'n mikrogolfoond, yskassie en tee- en koffiemaakgeriewe. Ontbyt word in die hoofeetarea bedien waar aandete ook teen ekstra koste genuttig kan word.

Die lodge het ook 'n gastesitkamer met 'n kaggel, 'n rustieke boma met 'n braai-area, 'n plonspoel in die lieflike tuin, en 'n dam wat omhein is en waar verskeie voëlsoorte kom kuier. Veilige parkeerplek is beskikbaar.

Lavender Lodge is sowat 15 km vanaf Copperleaf Gholflandgoed, verskeie spa's en trou- of funksie-venues, Rock Falls-wildplaas en Zwartkops-renbaan.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Kunsvlieghengel
  •  Visvang
  •  Baarshengel
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Lavender Lodge gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 100 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false