LaZuli Bush Lodge

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

LaZuli Bush Lodge is 'n luukse en privaat selfsorgwildsplaas met slaapplek vir 8 gaste in Kuleni, 'n omheinde wildspark 18 km vanaf Hluhluwe. LaZuli Bush Lodge is afgesonder, veilig en privaat en gaste kan as 'n groep vriende saam kuier, langs die swembad ontspan, langs die vuur sit, voetslaan of na die voëls en wild kyk.

Dié boswegbreek is in die Kuleni Wildpark, 'n inheemse sandwoud naby die kus van die Indiese Oseaan, die Groter St. Lucia-vleilandpark en die Hluhluwe- en Phinda Privaat Natuurreservate geleë. Hierdie area is bekend vir sy oorvloedige wild en is die natuurlike habitat vir bosbokke, sebras, njalas, kameelperde en nagapies. Paddas en ander nagdiere is ook volop. Daar is in totaal byna 140 verskillende voëlspesies in hierdie area.

Die eenheid lyk soos 'n boomhuis op die grond en het hout mure en vloere. Groot stukke glas kan oopskuif om gaste nader aan die natuur te bring.

LaZuli bestaan uit die hooflodge met 4 slaapkamers. Die hooflodge het die leefareas, die plaaskombuis wat ten volle toegerus is, 'n eetarea, kuierarea met 'n kaggel, 'n sitarea met plafonwaaiers en 'n stoep met 'n etenstafel langs die privaat swembad. Daar is 'n TV met DStv, 'n DVD- en CD-speler, 'n klanksisteem en 'n ysmasjien. Daar is ook 'n watergat waar gaste kan sien hoe die wild water drink.

Die 4 losstaande slaapkamers het oopplan-badkamers en is 'n entjie van die hooflodge af. Die areas word met plankpadjies verbind. Elke kamer het sy eie stoep, bad en buitestort. Twee van die suites, die Amethyst- en Rose Quarts Kamers het elk 'n koninggrootte-bed. Die ander 2 kamers, die Citrine en die Tree Agate kamers het elk 2 enkelbeddens. Elke kamer het lugversorging, 'n gemaklike bank, lessenaar en tee- en koffiemaakgeriewe.

Hiér kan gaste ontspan, herlaai en nader aan die natuur kom. Dit voel of tyd stilstaan.

Slaapplek

'n Bespreking by LaZuli Bush Lodge sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 4 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Wildkyk
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Lugversorging

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Vermaak

  •  DVD
  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na LaZuli Bush Lodge gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R6 400 per nag (vir 8 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za