Voor-Paardeberg Wyn Wyk Akkommodasie by Le Bac Estates | LekkeSlaap
+19

Le Bac Estates

39 resensies
Gastehuis
  • Kapasiteit: 46 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Paarlse Pont Outspan 372, R45, Paarl, 7620, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 280 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Le Bac Corporate Lodge is op die Le Bac Landgoed geleë. Al is dit nie ‘n wynplaas nie, is daar wingerd wat ‘n paar bottels wyn per jaar oplewer. Ongelukkig word dit nie aan die publiek verkoop nie. Le Bac is net 60 km vanaf Kaapstad Internasionale Lughawe en bied toegang tot pragtige wynplase in die Kaapse Wynlande.

Daar is 20 identiese en suite-kamers met wit linne, gehalte-kussings en vereduvets. Elke kamer het ‘n en suite-badkamer met ‘n stort, wasbak en toilet, asook handdoeke en komplimentêre toiletware. Elke kamer het ook ‘n kluis, lugversorging, TV met sekere DStv-kanale, komplimentêre tee- en koffiemaakgeriewe en gratis WiFi. Let asb. Op dat kinders onder 15 jaar nie in ‘n aparte kamer sonder ouertoesig mag slaap nie.

Daar is ‘n swembad met ‘n fontein. Die landgoed is meestal rolstoelvriendelik en daar is oorgenoeg parkeerplek. Daar is ook ‘n kroeg waar jy middag- en aandete kan nuttig. Daar is ook skemerkelkies en jy kan buite eet met ‘n uitsig oor die wingerd en op die berge, of binne by die pizza-oond. Daar is ook ‘n kaggel en pool-tafel in die kroeg.

Le Bac Landgoed bied ontbyt op versoek. Bespreek dit asb. vooraf. Daar is ook konferensiegeriewe, ‘n bistro en lapa.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Konferensiegeriewe

Geriewe

  • Kroeg
  • Swembad
  • Braaiplek
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Restaurant op Perseel
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Konferensiegeriewe

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Wynproe
  • Bergfietsroetes

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt
  • Aandete
  • Middagete

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging
  • Wegbreekkamers
  • Dataprojektor
  • Blaaibord
  • Witborde
  • Internet
  • Plek vir tot 10 afgevaardigdes
  • Plek vir tot 20 afgevaardigdes
  • Plek vir tot 30 afgevaardigdes
  • Plek vir tot 50 afgevaardigdes
  • Plek vir 50 of meer afgevaardigdes

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard

Opsomming van Resensie

4.1 uit 5van 39 resensies vir Le Bac Estates
Netheid
4.1/5
Diens
3.9/5
Ligging
4.2/5
Veiligheid
4.3/5
Waarde vir geld
3.8/5

Ligging

  • Paarlse Pont Outspan 372, R45, Paarl, 7620, Wes-Kaap
  • Gaste dink Le Bac Estates het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 280
per nag (plek vir 2)
Vanaf R1 280
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 46 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Paarlse Pont Outspan 372, R45, Paarl, 7620, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDg5MzFmZjAwLTZmYzUtNDI3Zi1hZDJhLTQ0NDkzMDZmOGU5MQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 280  per nag (plek vir 2) 39 5 1 5 Paarlse Pont Outspan 372 R45 7620 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-22:00 11:00 -33.657345175437 18.961643297619
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za