Le Whale

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Le Whale Garden Cottage is 'n bekoorlike selfsorgkothuis wat op die eienaar se perseel, langs die hoofhuis, in Vermont geleë is. Vermont is 'n pragtige voorstad van Hermanus, die walviskykhoofstad van Suid-Afrika.

Le Whale het 2 selfsorgeenhede naamlik, Le Whale Tuinkothuis en Le Whale Gastekamer.

Die Tuinkothuis is smaakvol versier en het sy eie ingang, asook 1 slaapkamer met 'n dubbelbed en 1 badkamer met 'n stort, wasbak en toilet. Daar is 'n enkelbed in die sitkamer vir 'n derde volwassene of kind. Bring asseblief jou eie strandhanddoeke saam. Die kombuis is goed toegerus met 'n yskas, oond met stoof, mikrogolfoond, broodrooster en ketel. Die sitarea het gemaklike sitplek en 'n TV met volledige DStv.

Die gastekamer is gerieflik en smaakvol ingerig en is vas aan die hoofhuis met sy eie ingang. Daar is 'n TV met volle DStv, 'n yskassie, mikrogolfoond, ketel en tee- en koffiemaakgeriewe. Die en suite-badkamer het 'n groot stort, wasbak en toilet. Badhanddoeke en linne word voorsien, maar gaste moet hul eie strandhanddoeke saambring.

Die kothuis het ook 'n braai-area buite en daar is veilige parkeerplek vir 1 voertuig per eenheid agter afstandbeheerde hekke. Gaste deel die hoofingang tot die perseel met die eienaars.

Le Whale is net 'n paar minute se stap van die see en kuspaadjies af en sowat 400 m vanaf Jan Rabie Swembad. Hermanus se middedorp is 10 tot 15 minute se ry ver en die gewilde Onrusstrand is net 7 minute van ons af.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Le Whale gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R596 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za