Leafy Lane Self-catering
- Kapasiteit: 6 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Buchananstraat 45, Howick, 3290, KwaZulu-Natal
- Geen kinders onder 8
- Vanaf R800 per nag (vir 2 persone)
Beskrywing
Leafy Lane bied gerieflike, plattelandse verblyf in selfsorgkamers aan die einde van 'n doodloopstraat, net 2 minute van Howick se hoofstraat af. Leafy Lane is stapafstand van Howick Privaat Hospitaal af en daar is restaurante in die onmiddellike omgewing.
Die oopplan-slaapkamers het koningingrootte-beddens en en suite-badkamers met storte. Elke kamer het 'n kombuisie met 'n broodrooster, ketel, stofie, mikrogolfoond, yskas, eetgerei en breekware. Verder het elke kamer 'n aparte ingang, klein sitarea en 'n TV met sekere DStv-kanale. Linne en handdoeke word voorsien en ontbyt is beskikbaar op versoek.
Daar is ook 'n kothuis aan gaste beskikbaar. Dit het beperkte selfsorggeriewe en slaapplek vir 2 gaste.
Howick staan bekend as die toegangspoort tot die Midlands Meander. Heelwat sportgeleenthede vind in die omgewing plaas, soos die Highland Games, die Midmar Mile en verskeie fietswedrenne. Die asemrowende Howick Falls is net 'n paar minute van Leafy Lane af.
Kenmerke
Geriewe
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Wildkyk
- Bergfietsroetes
Hier praat ons
- Engels
Maaltye Aangebied
- Ontbyt
Opsomming van Resensie
Ligging
- Buchananstraat 45, Howick, 3290, KwaZulu-Natal
- Gaste dink Leafy Lane Self-catering het ’n baie goeie ligging
Sien meer verblyf in Howick Natalse Middellande KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 6 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Buchananstraat 45, Howick, 3290, KwaZulu-Natal
- Geen kinders onder 8