Lebombo Wattle Cottage - Forest 1
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 2 mense
- Geen kinders
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: R22, Nsimane, Hluhluwe, 6930, KwaZulu-Natal
- Vanaf R750 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Lebombo Wattle Cottage - Forest 1 is 'n bekoorlike selfsorgkothuis in die hartjie van die Olifantskus en op die drumpel van Sodwanabaai en Zoeloeland. Die St. Lucia Wêrelderfenisvleiland is langs die pad en is die ideale oorslaap- en rusplek wanneer gaste Mosambiek besoek.
Dié kothuis het slaapplek vir 2 gaste in 'n luukse, ruim slaapkamer met 'n en suite-badkamer, asook 'n privaat buitestort onder 'n 150 jaar oue Lebombo-boom. Die slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n industriële waaier, terwyl die en suite-badkamer 'n stort, wasbak en toilet het. Alle linne en handdoeke word voorsien.
Die kombuis is met 'n yskas, mikrogolf, tweeplaat-gasstoof, basiese eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Die stoep word deur die majestueuse Lebombo-wattelbome wat tussen 100 en 200 jaar oud is, omring. Daar is ook 'n onderdakbraai-area met 'n braairooster en 'n drie-been-gietysterpot. Gaste het ook toegang tot veilige parkeerplek langs die kothuis en gratis WiFi. Die eiendom spog ook met sonkrag wat die WiFi, ligte en waaier aandryf wanneer daar geen elektrisiteit is nie.
Die eiendom is naby Hluhluwe Imfolozi Wildreservaat, Hluhluwe Pynappeltoere, St Lucia, die seekoei- en krokodiltoere, voetslaan- en wandelpaaie, visvangplekke en verskeie restaurante en winkels. 'n Rivierskip kan ook gehuur word.
Kamer-opset
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Groot 5
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Onderdakparkering
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- En-suite
- Aparte toilet
- Stort
- Seep
Eenheidgeriewe
- Waaier
- Klein kombuis
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Mikrogolfoond
Ligging
- R22, Nsimane, Hluhluwe, 6930, KwaZulu-Natal
Sien meer verblyf in Olifantkus KwaZulu-Natal
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 2 mense
- Geen kinders
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: R22, Nsimane, Hluhluwe, 6930, KwaZulu-Natal