Orlando West Akkommodasie by Lebo's Soweto Backpackers | LekkeSlaap
+32
+32

Lebo's Soweto Backpackers

Rugsakreisigerslosies
  • Vanaf R205 per nag (vir 1 persoon)
  • Kapasiteit: 22 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres:  Pooe-straat 10823A , Orlando-Wes, Johannesburg, 1804, Gauteng
  • Alle ouderdomme is welkom

Beskrywing

Lebo's Soweto Backpackers is in Orlando-Wes geleë. Dié lewendige gemeenskap het 'n ryk geskiedenis en kultuur. Lebo's Soweto Backpackers bied 'n persoonlike en unieke ervaring met verblyf-opsies te kies en te keur. Daar is slaapsale, privaat kamers en jy kan selfs jou eie tent gaan opslaan of een van ons volledig toegeruste tente huur, en daar is ook 'n knus boomhuis wat van riet en bamboes gemaak is.

Lebo's is trots om een van die min rugsakreisigerslosies te wees wat onder swart bestuur is en ons is een van min instansies wat rugsakreisigerverblyf in 'n gemeenskap soos Soweto bied.

Gaan verken gerus die alombekende Orlando-Wes vir 'n unieke ervaring. Stap deur Soweto se strate en raak vertroud met die township se "Tsotsi-taal". Gaan op een van ons toere, ry fiets of wandel rond, speel sokker saam met die plaaslike inwoners of gaan kyk een van die groot sportwedstryde. Raak as vrywillige betrokke by een van ons gemeenskapsprojekte en ontmoet mense wat ontwikkeling moontlik maak. Maak 'n draai by museums, restaurante en sjebiens. Lê besoek af by die kerk en sing luidkeels kerkgesange. Hier is iets vir almal!

Gaste kan gerus die gemeenskaplike selfsorg-kombuis gebruik en daar is 'n speletjiesarea buite met 'n pooltafel, tafelvoetbal, hangmatte en braaigeriewe. Gaste kan lekker braai en op die maat van dromme en kwaito-musiek dans. Die Beach Bar is 'n lewendige plek waar jy 'n drankie kan drink en na die Afrika- en reggae-ritmes kan luister.

Ontbyt, middagete en aandete word in ons buitelug-restaurant bedien. Kom sit gerus onder die lapa, by die boma of ontspan op 'n kombers met 'n piekniek, of smul aan 'n tuisgekookte maaltyd. Heerlike, eg Suid-Afrikaanse disse word op die vuur voorberei. Daar is potjiekos, kerries, 'n slaai-buffet en braaivleis op die spyspaart. 'n Kontinentale ontbyt met ontbytgraan, jogurt, vrugte, sap, tee en koffie word bedien. 'n Warm ontbyt met spek, worsies, eiers, tamatie, kaas en roosterbrood is ook beskikbaar.

Kenmerke

Braaiplek

Geriewe

  • Kroeg
  • Braaiplek
  • Speletjieskamer
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Restaurant op Perseel
  • Selfsorg

Hier praat ons

  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt
  • Aandete
  • Middagete

Ligging

  • Pooe-straat 10823A , Orlando-Wes, Johannesburg, 1804, Gauteng
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R205
per nag (vir 1 persoon)
Vanaf R205
per nag (vir 1 persoon)
VEILIGE BETALING VIA
LEKKESLAAP.CO.ZA
Vanaf R205
per nag (vir 1 persoon)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 22 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres:  Pooe-straat 10823A , Orlando-Wes, Johannesburg, 1804, Gauteng
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDI5YmM5MzczLTQ3Y2MtNDY3ZS05NjZkLTM2ZjQwYzA4NWQ0NQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R205  per nag (vir 1 persoon) 10823A Pooe Street Orlando West 1804 Gauteng 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -26.224384 27.913069
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za