Leeward Lodge

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Leeward Lodge is in Melkbosstrand aan die Weskus geleë. Die Atlantic Beach Gholflandgoed, Koeberg Natuurreservaat en die Suid-Afrikaanse Lugmagmuseum is net om die draai.

Die lodge bestaan uit 2 aparte selfsorg-eenhede. Elke eenheid het 2 slaapkamers, 1 volledige badkamer, 'n ten volle toegeruste kombuis, en 'n oopplan-sitkamer en -eetarea. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en daar is 2 enkelbeddens in die tweede slaapkamer. Die kombuis is toegerus met 'n yskas-vrieskas, mikrogolf, ketel, stoof, oond, broodrooster, kookgerei, wasmasjien en tuimeldroër. Verder is daar 'n TV, DVD-speler, strykplank en -yster, braai-area en veilige parkeerplek op die perseel vir 2 motors per eenheid.

Troeteldiere met goeie maniere is welkom mits dit vooraf gereël word. 'n Stukkie van die tuin is veilig en geskik vir troeteldiere.

Doendinge in die omgewing: gholf, stap, vlieërbranderry, paintball, perdry, "laser tag", sandplankry en swem.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Bergfietsroetes

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Malaria-vrye streek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Leeward Lodge gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R500 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za