Leipoldt Accommodation

Voeg by Gunstelinge

 

Langtermynverblyf-aanbod 10 % af

Kry 10% af vir verblyf wat 14 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.

Beskrywing

Leipoldt Accommodation bied luukse selfsorg-verblyf in Clanwilliam aan die voet van die Sederberge.

Die eenheid is ideaal vir 4 volwassenes en 'n kind. Dit beskik oor 2 slaapkamers, 1 badkamer wat gedeel word, 2 leefareas waarin ons in een 'n bed sit, en 'n volledig toegeruste kombuis. Die eerste slaapkamer het 2 enkelbeddens of 'n koninggrootte-bed en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Van die eenhede se badkamers is toegerus met 'n bad en stort en daar is 'n gaste-toilet op die grondvloer, van die eenhede het 2 badkamers, albei net met storte in aangesien dit die moderne neiging is.

Die kombuis is toegerus met 'n yskas, mikrogolfoond, stoof, oond, koffiemaker en kooktoebehore. Verdere geriewe sluit 'n braai-area, waaier, elektriese kombers, skottelgoedwasser, wasmasjien, strykyster, DStv hotelpakket met Kyknet ekstra by en gratis WiFi en parkeerplek van die straat af in.

Doendinge in die omgewing sluit voetslaan, bouldering, bootry op Clanwilliamdam, kano, swem, witriviervlotvaart, visvang en 4x4-roetes in. Besoeke aan Leipoldt se graf, die Engels Man se graf, Cederberg Kelders met sy bekroonde wyne en Wuppertal is 'n moet wanneer jy in die omgewing is. Clanwilliam is een van die land se 10 oudste dorpe en ook onder die top 10 rotsklimplekke in die wêreld.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Baarshengel
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  ADSL-lyn
  •  24-uur Ontvangs
  •  Kinderoppasser Op Versoek
  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Leipoldt Accommodation gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R995 R896 per nag (vir 2 mense)

Kry 10% af vir verblyf wat 14 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za