Leisure Bay: Alprop Apartments
Beskrywing
Leisure Bay: Alprop Apartments is op 'n songeweekte strand in Milnerton geleë. Ons selfsorgwoonstel bied sakpas-verblyf en 'n skouspelagtige uitsig op Tafelberg en oor Tafelbaai, Robbeneiland vanaf die privaat balkon wat na die see front.
Die woonstel beskik oor 'n dubbelbed, ingeboude kaste, 'n spieëltafel, 'n haardroër en 'n digitale kluis. Die badkamer het 'n aparte storthoekie en 'n bad. Die kombuis is ten volle toegerus met eetgerei, breekware, 'n yskas-vrieskas, 'n oond met 'n stoof, 'n mikrogolfoond, 'n broodrooster, 'n ketel, 'n strykyster en 'n strykplank.
Gaste het gratis toegang tot 2 swembaddens op die perseel en 'n wassery wat met munte werk. Linne en handdoeke word in die woonstel voorsien. Daar is 24 uur-sekuriteit en veilige parkeerplek op die perseel. Die DStv kompakte pakket dien ook as bron van vermaak.
Leisure Bay is 100 m van die Lagoon Beach Hotel af en daar is 'n Wang Thai, Die Brasserie en die La Mizu restaurant indien jy wil uiteet.
Kaapstad se sakekern en die V&A Waterfront is net 8 km ver. Geniet 'n potjie gholf by Milnerton se gholfbaan of doen inkopies by Century City wat slegs 5 km hiervandaan is.
Skoonmaakdienste is een maal per week beskikbaar indien jy vir 8 of meer nagte bespreek (addisionele skoonmaakdienste kan gereël word teen ekstra koste).
Let daarop dat hierdie woonstel op die boonste verdieping is en dat daar nie 'n hysbak is nie.
Slaapplek
'n Bespreking by Leisure Bay: Alprop Apartments sluit in:
Kenmerke
- Swembad
- Veilige Parkering
Aktiwiteite Naby
- Voëlkyk
- Fietsry
- Swem
Aktiwiteite op perseel
- Swem
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Stort
- Seep
- Toiletware
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Dienste
- Diens op aanvraag
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Geriewe
- Kroeg
- Swembad
- Geen Rook Binnenshuis
- Persoonlike Kluis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
Hier praat ons
- Engels
Kamergeriewe
- Eetkamer
- Waaier
- Klein Kombuis
- Sitkamer
- Kluis
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- 24-Uur Sekuriteit
- Parkering Van Die Straat Af
Vermaak
- Eksklusiewe DSTV
- TV
Kaart Meer oor die omgewing
Gaste wat na Leisure Bay: Alprop Apartments gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:
Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za |
![]() ![]() |