Leisure Eiland Huis

Voeg by Gunstelinge

 

Weeksdagaanbod 25 % af

Bly 4 nagte en betaal slegs vir 3 op enige bespreking wat nie 'n Vrydag- of Saterdagaand insluit nie. Geldig vanaf 1 Aug 2019 tot 31 Okt 2019.

Beskrywing

Leisure Eiland Huis is 'n selfsorgvakansiehuis in Knysna, 'n puik vakansiebestemming op die prentjiemooi Tuinroete. Die bekoorlike dorpie spog met groen bergagtige landskappe wat kontrasteer teenoor die glinsterende water van die oseaan, rivier en strandmeer.

Verblyf beskik oor 4 slaapkamers in 'n dubbelverdiepinghuis en bied slaapplek aan 10 gaste. Daar is 2 slaapkamers met 'n koningingrootte-bed en die derde kamer het 'n dubbelbed. Die vierde slaapkamer het 'n dubbelbed en 2 enkelbeddens. Die kamers op die onderste verdieping het albei 'n en suite-badkamer en die 2 kamers op die boonste verdieping deel 'n badkamer.

Die kombuis is volledig toegerus met 'n yskas-vrieskas, stoof, oond, mikrogolfoond, ketel, skottelgoedwasser en 'n wasmasjien. Die oopplan-leefarea het 'n gemaklike sitkamerstel en 'n kaggel, en die eetarea het 'n etenstafel met sitplek vir 6 en lei na die tuin. Die stoep he t'n braai-area en 'n snoesige eetarea. Parkeerplek is vir 2 voertuie beskikbaar.

Knysna bied voetslaanroetes, warm strande, wêreldklas-gholfbane en van die beste inkopie-geleenthede in die omgewing. Besienswaardighede in die omgewing sluit die Featherbed Natuurreservaat, Knysna Olifantpark, Knysnawoud en die Pezula Gholfbaan in.

Slaapplek

'n Bespreking by Leisure Eiland Huis sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 4 - Huisves 4 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Dubbelbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Waaier

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Leisure Eiland Huis gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 000 R2 000 per nag (plek vir 10)

Bly 4 nagte en betaal slegs vir 3 op enige bespreking wat nie 'n Vrydag- of Saterdagaand insluit nie. Geldig vanaf 1 Aug 2019 tot 31 Okt 2019.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za