Lekkerbly

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

As jy soos 'n koning of koningin behandel wil word is Lekkerbly waarlik die selfsorg chalet vir jou om in Pofadder by te oornag. Ons verwelkom altyd ons kliënte met ope arms en waarborg 'n glimlag op jou gesig as jy van ons af wegry.

Ons pryse is sakpas en glad nie buitensporig duur nie.

Die chalets is almal oopplan ontwerp. Lugversorging is beskikbaar vir die vreeslike warm toestande wat ons in die somer beleef. Onderdak parkeerplek sowel as braaiplek is beskikbaar vir dié van julle wat net so lief is vir braai soos ons Boesmanlanders. Ons waarborg 'n skoon kamer met skoon beddegoed. Ons hoop dat wanneer jy besluit om ons mooi dorp te besoek, Lekkerbly jou keuse van oornagverblyf sal wees.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Swem
  •  Tennis

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant

Geriewe

  •  24-uur Ontvangs
  •  Braaiplek
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Troeteldiere indien gereël

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Lekkerbly gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R550 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false