LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Lemon Rind | LekkeSlaap
+30

Lemon Rind

5 resensies
Selfsorg
  • Kapasiteit: 2 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Kerkstraat 80, Stellenbosch, 7600, Wes-Kaap
  • Geen kinders onder 12
  • Vanaf R1 400 per nag (vir 2 persone)

Beskrywing

Lemon Rind is 'n knus en smaakvol ingerigte enkelwoonstel in die hartjie van die historiese dorp Stellenbosch. Die woonstel is ideaal vir 'n enkelreisiger of 'n paartjie en gaste kan maklik tot die by restaurante, winkels en kunsgalerye in die omtrek stap. Die balkon kyk uit oor 'n rustige binnehof wat bedek is met wingerdrank.

Die woonstel spog met moderne dekor en beskik oor 'n koningingrootte-bed met wit linne, 'n plasma-TV met sekere DStv-kanale en WiFi. Die badkamer het 'n stort-oor-bad, 'n wasbak en 'n toilet. Die kombuisie is toegerus met 'n mikrogolfoond, 'n oond en 'n stoof, 'n yskassie, en 'n wasmasjien en tuimeldroër vir gaste se gerief. Daar is 'n tafel met 2 stoele op die balkon waar gaste 'n glas wyn kan geniet. Die gebou het 'n hysbak en gaste het toegang tot gratis onderdakparkeerplek vir 1 motor.

Die woonstel is ideaal geleë vir ouers wat hul kinders by die skool of universiteit kom besoek. Daar is verskeie doendinge in die omgewing soos wynproe, velddraf, fietsry en stap in die berg.

Kenmerke

Afrikaans
Veilige Parkering

Geriewe

  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Opsomming van Resensie

4.9 uit 5van 5 resensies vir Lemon Rind
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
4.8/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
4.6/5

Ligging

  • Kerkstraat 80, Stellenbosch, 7600, Wes-Kaap
  • Gaste dink Lemon Rind het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 400
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R1 400
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 2 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Kerkstraat 80, Stellenbosch, 7600, Wes-Kaap
  • Geen kinders onder 12
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDkxYjcyMDZkLWFlMTktNDcxMi1iMTQ3LTZkMjM0ZjBkNWE0Nw?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 400  per nag (vir 2 persone) 5 5 1 5 80 Church Street Stellenbosch 7600 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -33.937826002228 18.861840972353
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!