LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Lenies Hof | LekkeSlaap
+38

Lenies Hof

4 resensies
Selfsorg
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Wesoewerstraat 23, Calitzdorp, 6660, Wes-Kaap
  • Geen kinders onder 18
  • Vanaf R695 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Lenies Hof bied gerieflike selfsorgverblyf in 2 ateljeewoonstelle op 'n klein organiese plaas met 'n wingerd, en olyf- en appelkoosboorde. Die organiese plaas is in Calitzdorp geleë en is die ideale bestemming vir diegene wat die Roete 62 wil verken.

Verblyf word in 2 nuut opgeknapte, kontemporêre en gemeubileerde ateljeewoonstelle aangebied. Ateljee 1 beskik oor 'n ekstra lang koninggrootte-bed wat op versoek in 2 enkelbeddens omskep kan word, en Ateljee 2 beskik oor 2 ekstra lang enkelbeddens en 'n kaggeltjie. Elke woonstel het 'n kombuisie wat met 'n induksieplaat, ketel en yskassie toegerus is. Daar is nie lugversorging nie, maar elke slaapkamer het 'n waaier vir die warm somermaande. Elke woonstel het 'n privaat stoep waar gaste lekker met 'n glas wyn kan ontspan, terwyl hulle die Klein Karoo se sterbelaaide hemelruim bewonder.

Lenief Hof bedien 'n plaasontbyt op versoek. Dit sluit 'n tuisgebakte suurdeegbrood en tuisgemaakte konfyt, 'n hardgekookte plaaseier, botter, kaas, jogurt, tuisgemaakte muesli en 'n verskeidenheid vrugte in.

Gaste kan gerus in die veld tussen die boorde en wingerde gaan stap. Die plaas bied uitstekende uitsigte op die Swart- en die Rooiberg. Lenies Hof is die ideale basis vir fietsry- of staptoere tussen die vetplante aan die voorheuwels van die Swartberg. Die gashere, Steve en Mo, woon en werk op die plaas en is gretig om te help waar hulle kan.

Kenmerke

Swembad
Braaiplek
Gratis WiFi

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Wynproe
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Engels
  • Nederlands

Parkeerplek

  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.9 uit 5van 4 resensies vir Lenies Hof
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
4.8/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
4.8/5

Ligging

  • Wesoewerstraat 23, Calitzdorp, 6660, Wes-Kaap
  • Gaste dink Lenies Hof het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R695
per nag (plek vir 2)
Vanaf R695
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Wesoewerstraat 23, Calitzdorp, 6660, Wes-Kaap
  • Geen kinders onder 18
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJlrSfspLm6SXYvuxEzoOPJ2D07xV8lzCX7k27wWDmRJDeTxC8F?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R695  per nag (plek vir 2) 4 5 1 5 23 Wesoewer Road Calitzdorp 6660 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-20:00 10:00 -33.519346678569 21.68829497368
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!