LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Leopard Walk Lodge | LekkeSlaap
+43

Leopard Walk Lodge

50 resensies
Wildsplaas
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Erfdeel H122, Langs die D405, Suni-Ridge Privaat Wildreservaat, Hluhluwe, 3960, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R2 276 per nag (vir 2 persone)

Beskrywing

The Leopard Walk Lodge is 'n privaat safari-lodge aan die wêreldbekende Olifantkus, 'n skouspelagtige eko-toerismestreek op die noordoostelike kus van Suid-Afrika. Die lodge is op die rand van 'n rare sandboshabitat in die Suni-Ridge Privaat Wildreservaat. Dit bied die geleentheid op 'n onvergeetlike natuurervaring deur die lodge se groot verskeidenheid wild, waaronder 'n ryk voëllewe en verskeie soogdiere wat op die rooidatalys is.

By Leopard Walk Lodge kan gaste in goed ingerigte 'Out of Africa'-safariverblyfop die rand van 'n unieke sandwoud ontspan. Verblyf word in Secrets of the Forest A Suites en 'n Secrets of the Forest B Suite gebied wat albei glasmure en uitsigte oor die bos het. Só kan gaste njalas en 'n rits voëlspesies, skoenlappers en ander diere in die bos raaksien.

Die A- en B-suites het elk lugversorging, 'n koningingrootte-bed, 'n kluis en koffie- en teemaakgeriewe. Die A-suites het elk 'n volledige en suite-badkamer met 'n ovaalbad, stort, toilet en 'n wasbak, en die B-suite 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak. Al die suites het hulle eie Jacuzzi's buite waar gaste saans onder die skitterende sterre kan ontspan.

Geniet heerlike Suid-Afrikaanse kookkuns tydens etenstyd in die Moonrise-sitkamer, -kroeg en -eetkamer, met 'n uitsig oor die diere se watergat. Stories en ervarings van die dag sal saam met skemerkelkies by die kroeg uitgeruil word. In die vroeë oggendure sal die skouspelagtige sonsopkoms en saans die volmaan wat oor die Afrika-bos opkom 'n onvergeetlike ervaring wees wat op Moonrise Deck geniet kan word.

Romantiese wittebroodspakkette of spesiale aanbiedings kan op versoek gereël word. Die lodge bied 2 rolstoelvriendelike kamers vir gaste met gestremdhede.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Jacuzzi
Braaiplek
Rolstoelvriendelik
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Kroeg
  • Swembad
  • Jacuzzi
  • Begeleide Wildritte as Ekstra
  • Braaiplek
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Restaurant op Perseel
  • Satelliet-TV
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Rolstoelvriendelik
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Wildritte
  • Wildkyk

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Zoeloe

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt
  • Aandete
  • Piekniekmandjies Op Versoek

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • American Express
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.3 uit 5van 50 resensies vir Leopard Walk Lodge
Netheid
4.5/5
Diens
4.5/5
Ligging
4.0/5
Veiligheid
4.6/5
Waarde vir geld
4.1/5

Ligging

  • Erfdeel H122, Langs die D405, Suni-Ridge Privaat Wildreservaat, Hluhluwe, 3960, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink Leopard Walk Lodge het ’n goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R2 276
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R2 276
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Erfdeel H122, Langs die D405, Suni-Ridge Privaat Wildreservaat, Hluhluwe, 3960, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAcVLYJ8GXM5o3g4ndeEbmuSYaEqu6llkfqm4M09bGABv4tWf56y?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 276  per nag (vir 2 persone) 50 5 1 5 Lot H122 Off the D405, Suni-Ridge Private Wildlife Reserve 3960 KwaZulu-Natal 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -27.930076667949 32.362427961971
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!