Bela-Bela Akkommodasie by Leopards Rest | LekkeSlaap
+10
+10

Leopards Rest

3 resensies
Selfsorg
  • Vanaf R5 450 per nag (plek vir 10)
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Inkloktyd: 13:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Langs die R516, Mabalingwe Natuurreservaat, Bela-Bela, 0480, Limpopo
  • Alle ouderdomme is welkom

Beskrywing

Leopards Rest bied gerieflike selfsorgverblyf in 'n luukse lodge met 'n uitstekende uitsig. Dié lodge is op een van die hoogste punte van die Mabalingwe Natuurreservaat geleë en het slaapplek vir 10 gaste.

Die lodge het 5 ruim slaapkamers, elkeen met 'n en suite-badkamer met 'n bad en 'n stort. Elke kamer het beddegoed, linne en badhanddoeke, maar gaste moet hulle eie swemhanddoeke saambring. Die lodge het 'n groot oopplan-sitkamer met 'n TV met sekere DStv-kanale, 'n eetarea en 'n moderne kombuis. Die kombuis is ten volle met 'n yskas, oond, stoof, mikrogolfoond en 'n skottelgoedwasser toegerus.

Die lodge spog met 'n randvloeiswembad op 'n groot dek en 'n Jetmaster-braai op die stoep. Daar is ook 'n dubbelmotor-afdak waar gaste kan parkeer.

Mabalingwe Natuurreservaat het 'n uitstekende vermaakprogram wat doendinge soos begeleide wildkyk, perdry en leeu-voer insluit. Die lodge is naby Mabilingwe se onstpanningsgeriewe geleë, insluitend tennisbane, muurbalbane, putt-putt-bane, swembaddens en 'n plaaswinkel. Daar is ook 'n restaurant, kroeg, boma, Jacuzzi en 'n sauna-kamer.

Slaapplek

’n Bespreking by Leopards Rest sluit in:

Dubbelbed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Dubbelbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 4
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 5
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Wildkyk
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Opsomming van Resensie

4.5 uit 5van 3 resensies vir Leopards Rest
Netheid
4.3/5
Diens
4.7/5
Ligging
4.7/5
Veiligheid
4.7/5
Waarde vir geld
4.3/5

Ligging

  • Langs die R516, Mabalingwe Natuurreservaat, Bela-Bela, 0480, Limpopo
  • Gaste dink Leopards Rest het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R5 450
per nag (plek vir 10)
Vanaf R5 450
per nag (plek vir 10)
Vanaf R5 450
per nag (plek vir 10)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Inkloktyd: 13:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Langs die R516, Mabalingwe Natuurreservaat, Bela-Bela, 0480, Limpopo
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDlhMTM4MTFmLWRhNDQtNDI5YS04M2QwLTQ2NzczZmE3YzI3Yw?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R5 450  per nag (plek vir 10) 3 5 1 5 Off the R516 Mabalingwe Nature Reserve 0480 Limpopo 086 999 0018 13:00-19:00 11:00 -24.842064315859 28.048671750663
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za