Leopard's Valley Guest Farm

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Leopard's Valley Gasteplaas bied gerieflike verblyf in 'n 200 jaar-oue plaashuis in die Afrika-bosveld. Dit is in 'n bergagtige amfiteater in die Sneeuberge, reg in die middel van die sentrale Karoo en minder as 100 km van die historiese dorpie Graaff-Reinet af.

Die kamers het slaapplek vir 2 gaste in dubbel- of enkelbeddens. Elke kamer het 'n en suite-badkamer met 'n stort, 'n toilet en 'n dubbelwasbak. Twee van die kamers het outydse gietysterbaddens. Ontbyt is ingesluit en gaste kan gerus kom ontspan in die tuin en die swembad benut.

Jy is welkom om 'n luilekker wandeling of begeleide stap tussen die vele groot Karoo-Akasiabome te onderneem. Dié bome is algemeen in hierdie rivieroewer-bos met 'n oorvloed van rooi buffelsgras wat 'n digte kombers vleg al langs die oewer van die rivier. Gaste kan ontspan om die oop vuurput en luister hoe roep die Afrika Uil terwyl hulle die sterrehemel waardeer. Die vuurput is die ideale plek waar jy heerlik kan kuier saam met ander gaste.

Leopard's Valley Gasteplaas gebruik helder bronwater van mineraal-gehalte en ons voorsien ook linne en handdoeke. Dit is die ideale wegbreekplek vir 'n groep van familie of vriende of selfs net 'n rustige naweekwegbreek vir 'n paartjie.

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Leopard's Valley Guest Farm gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R900 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za