Leopardstone Hill

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Leopardstone Hill is hoog teen die hange van die lowergroen Noordhoekvallei geleë. Leopardstone Hill bied 'n habitat vir hierdie endemiese spesie en ander flora en fauna in die area. Te danke aan 'n panoramiese uitsig oor die Atlantiese Oseaan en 'n groot tuin vol suikerbekkies en suikervoëltjies, sal gaste al te lekker by Leopardstone Hill kan ontspan, weg vanaf die stad se gewoel.

Verblyf beskik oor 2 eksklusiewe kothuise wat albei privaat op die eiendom geleë is. Die eenhede het privaat en veilige parkeerplek, privaat ingange, aparte braaiplekke en individuele tuine om te verseker dat jou privaatheid te alle tye 'n prioriteit is. Die kothuise is pragtig ingerig en daar word tee, koffie, suiker en melk by die verblyf ingesluit. Albei kothuise het DStv. 'n Bondel hout word voorsien vir braai in die somer en daar is ook 'n kaggel in die Stone Cottage wat jou lekker knus sal hou in die winter.

Die luukse Stone Mountain-kothuis het die pragtigste see- en berg-uitsigte. Die vallei lê voor jou uitgestrek as jy op die patio staan en oor die see uitkyk. Stone Mountain-kothuis het ook 'n lieflike buitestort wat die verblyf-ervaring ekstra rustig maak.

Die Pebble Beach-kothuis is lieflik ingerig met 'n kus- en see-tema. Daar is vars blou en wit kleurskakerings aan die binnekant en die kindertekeninge en rooi kombuisstoeltjies sorg vir 'n speelse gevoel. Pebble het 'n groot dek wat op die see front en daar is 'n braaidek ook. Hierdie pragtige, prettige kothuis kyk op die tuin uit met die Atlantiese Oseaan en die Noordhoekberge in die agtergrond.

Geriewe op die perseel sluit 'n swembad, braai-area, WiFi en veilige parkeerplek in en troeteldiere word toegelaat, mits vooraf reëlings getref is.

Daar's verskeie doendinge in die omgewing soos perdry, visvang, voëlkyk, wynproe, fietsry, begeleide staproetes, bergfietsry en tennis.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  American Express
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  ADSL-lyn
  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Kinderoppasser Op Versoek
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Duits
  •  Xhosa

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Leopardstone Hill gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 300 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za