Phalaborwa Akkommodasie by Leriba Golf Lodge | LekkeSlaap
+9

Leriba Golf Lodge

Selfsorg
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Lodge 425, Club-weg, Phalaborwa, 1390, Limpopo
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R3 295 per nag (plek vir 10)

Beskrywing

Leriba Golf Lodge word omring deur die digte, inheemse woud op die bekende Hans Merensky Gholflandgoed in Phalaborwa. Die Krugerwildtuin, een van Afrika se grootste wildreservate, vorm die oostelike grens van dié landgoed. Ons ligging laat toe dat jy die wonderlike natuurskoon van Mpumalanga en Limpopo maklik kan verken.

Die luukse 5-ster selfsorg-lodge is op die vyfde skoonveld van die kampioenskap gholfbaan geleë en bied 'n uitstekende uitsig oor die inheemse bosveld en die skoonveld. Die lodge is gemeubileer in 'n elegante Oos-Afrika-styl en bied 'n unieke Afrika-ervaring aan oordeelkundige reisigers, sportentoesiaste en natuurliefhebbers. Die lodge spog met 5 luukse en suite-kamers, elkeen met 2 enkelbeddens, 'n leefarea, 'n TV en kroegie, en 'n badkamer met 'n aparte stort en bad. Die volledig toegeruste, ultramoderne oopplan-kombuis met 'n opwaskamer en opwasarea. Die ruim leef- en eetarea lei na 'n bedekte veranda met 'n braai-area en sprankelende swembad. Die huis word daagliks skoongemaak.

Die uitdagende kampioenskap-, 18 putjie-gholfbaan is ontwerp deur die legendariese Bob Grimsdell en lei tot in die inheemse bosveld waar vlakvarke, kameelperde, krokodille, seekoeie en 'n wye verskeidenheid bokkies en voëllewe wei om jou gholfspel 'n bietjie op te kikker. Die elegante Hans Merensky Hotel op die perseel bied 'n oase vir vakansiegangers en sakereisigers met 'n wye verskeidenheid geriewe soos die Leadwood a la carte-restaurant, 'n swembadkroeg, 'n haarsalon, kunsvlytwinkel, Pro Shop, konferensiegeriewe en die gholfklubhuis. Die hotel het ook 'n groot swembad en bied 'n wye verskeidenheid sportgeriewe soos 'n tennis- en muurbalbaan en 'n gimnasium met 'n sauna. Vir die avonturiers is die groot Cleveland Wildpark slegs oop vir gaste van die hotel en die Leriba Golf Lodge. Begeleide safari's kan ook by die hotel se ontvangs gereël word.

'n Verskeidenheid toere en safaris, soos 'n oggend- of daguitstappie óf die uiters gewilde nagrit na die Krugerwildtuin, is beskikbaar. Ander doendinge sluit in: riviervlotvaarte, mikrovliegtuig- en helikoptervlugte, boswandelings in die Krugerwildtuin, 4x4-ritte in privaat wildreservate, safari-bootvaarte op die Olifantsrivier, toere na die Panoramaroete en Blyde Canyon, kulturele en taxi-sjebientoere, daguitstappies na Tzaneen.

Slaapplek

’n Bespreking by Leriba Golf Lodge sluit in:

Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 4
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 5
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gimnasium

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Xhosa

Opsomming van Resensie

4.7 uit 5van 2 resensies vir Leriba Golf Lodge
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
3.5/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
5.0/5

Ligging

  • Lodge 425, Club-weg, Phalaborwa, 1390, Limpopo
  • Gaste dink Leriba Golf Lodge het ’n goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R3 295
per nag (plek vir 10)
Vanaf R3 295
per nag (plek vir 10)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Lodge 425, Club-weg, Phalaborwa, 1390, Limpopo
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDJlNWMyNDYwLThhNjYtNDkzZS04ZDMzLWEwOWIzMTNiOWVmYg?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R3 295  per nag (plek vir 10) 2 5 1 5 Lodge 425 Club Road 1390 Limpopo 086 999 0018 15:00-18:00 11:00 -23.967911 31.168618
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za