Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Les 3 Marulas

Selfsorg
  • Kapasiteit: 10 mense
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Tarentaallaan 2873, Marloth Park, 1321, Mpumalanga
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R3 000 per nag (plek vir 10)

Beskrywing

Les 3 Marulas is 'n herehuis in 'n safari-styl met 'n pragtige grasdak in Marloth Park. Besoeke aan die Kruger Wildtuin is natuurlik die hoofrede waarom vakansiegangers Marloth Park besoek. Die Kruger Wildtuin se Krokodilbrughek is net 20 minute se ry van Les 3 Marulas af. Jy kan die wildtuin in jou eie, gewone motor besoek, of saam met 'n gids in 'n spesiale safari-voertuig.

Die huis het plek vir 10 gaste in 4 kamers met en suite-badkamers en lugversorging en 1 safari-kamer. Al die nodige handdoeke en beddegoed word voorsien en die huis is luuks ingerig. Buite is daar 'n swembadjie waarin jy kan afkoel en daar is ook 'n heerlike lapa-braaiplek. Daar is nou WiFi op versoek beskikbaar. Die dame wat jou verwelkom is beskikbaar om jou met enige iets te help gedurende jou verblyf.

Marloth Park is uniek, dit is 'n dorp binne die grense van 'n wildreservaat. Daar is geen heinings nie, so die koedoes, wildebeeste, rooibokke, waterbokke, sebras en kameelperde loop vry rond - dit is uiters opwindend om papajas, piesangs en lusern vir die diere te voer.

Geen troeteldiere word toegelaat in Marloth Park nie. Rook is verbode binne die huis, maar asbakkies is beskikbaar buite. Die huis is versier met handwerk en kuns uit verskeie lande, behandel hierdie items asseblief met die nodige respek.

Marloth Park se handelsentrum verkoop al die nodige produkte, soos kruideniersware en vleis, en daar is ook restaurante, 'n vulstasie, OTM, hardewarewinkel, motorhuur en 'n motorwas beskikbaar. Verder is daar 'n groot swembad en 'n tennisbaan, en gholf (langs Marloth Park). Geniet ontbyt en vonkelwyn by Leeuspruit, onderneem 'n daguitstappie na Mosambiek en Swaziland of die bekende Blyderiviercanyon. Perdry en olifant-safari's is ook beskikbaar in die omgewing.

Slaapplek

’n Bespreking by Les 3 Marulas sluit in:

Koningingrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 mense
1 xKoningingrootte-bed
Koningingrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 mense
1 xKoningingrootte-bed
Koningingrootte-bed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 mense
1 xKoningingrootte-bed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 4
Plek vir 2 mense
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 5
Plek vir 2 mense
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Swembad
Braaiplek

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Selfsorg
  • WiFi

Hier praat ons

  • Engels
  • Frans

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging

Parkeerplek

  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant

Badkamer

  • Bad
  • En-suite
  • Aparte toilet
  • Stort

Eenheidgeriewe

  • Lugversorging
  • Verekombers

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Boeke en tydskrifte

Opsomming van Resensie

4.6 uit 5van 6 resensies vir Les 3 Marulas
Netheid
4.2/5
Diens
4.8/5
Ligging
4.7/5
Veiligheid
4.8/5
Waarde vir geld
4.7/5

Jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.6/5

Philippe Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 6

Jaar gelys 8

Ligging

  • Tarentaallaan 2873, Marloth Park, 1321, Mpumalanga
  • Gaste dink Les 3 Marulas het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R3 000
per nag (plek vir 10)
Vanaf
Vanaf R3 000
per nag (plek vir 10)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 10 mense
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Tarentaallaan 2873, Marloth Park, 1321, Mpumalanga
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDYxMTNjMmYzLThjYzctNDAzNy1hM2Y0LTViOWY4ZGRjZDc1ZQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R3 000 per nag (plek vir 10) 6 5 1 5 2873 Tarentaal Avenue Marloth Park 1321 Mpumalanga 021 201 8901 14:00-21:00 10:00 -25.33731 31.79454
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem