Liberty Lodge

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Deur die jare het hierdie klassieke B&B in Kaapstad 'n reputasie vir ontspanne en egte gasvryheid gekry. Dit was oorspronklik 'n Victoriaanse herehuis, en Liberty Lodge het later 'n materiaal-handelsplek en in 1940 selfs 'n bordeel geword! Vandag kombineer dit 'n kundige mengsel van Victoriaanse, Art Deco en hedendaagse dekor met 'n paar verrassende vertoonstukke.

Dit is in Tamboerskloof, 'n veilige, welgestelde woonbuurt op die randjie van Kaapstad se sakekern geleë en dit het die perfekte ligging vir gaste wat die meeste van hul sakereis of vakansie in Kaapstad wil maak.

Die geskiedkundige middestad en die grootste toeriste-besienswaardighede, wat die Kompanjie-tuine, Groentemarkplein, Langstraat en die Kasteel insluit, is minder as 20 minute se stap van ons af. Die V&A Waterfront, KIKS en Kampsbaai en Clifton se strande is minder as 10 minute se ry vanaf Liberty Lodge. Tafelberg is ook net 2 km vanaf die gastehuis. 'n Mens kan na die modieuse Kloofstraat, net om die hoek, met sy groot verskeidenheid restaurante, koffiewinkels, kroeë en winkels, gaan verken.

Stellenbosch en Franschhoek se Wynlande en die Kaap die Goeie Hoop is maklik bereikbaar per motor.

Hierdie huislike, dog stylvolle, B&B bied 'n blaaskans na 'n besige dag en word deur Ruth Parsons, die eienaar, bestuur. Jy word hartlik deur haar verwelkom. Liberty Lodge is geskik vir jonk en oud, enkelpersone en paartjies, vakansiegangers en sakelui - 'n gesellige atmosfeer en 'n gerieflike bed is gewaarborg.

Kenmerke

  •  Gratis WiFi

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  American Express
  •  Diners-kaart
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Gastesitkamer
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Engels

Konferensiegeriewe

  •  Lugversorging

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt

Parkeerplek

  •  Parkering Op Die Straat

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Liberty Lodge gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 600 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za