Light 'n Airy

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Light 'n Airy is 'n selfsorgwoonstel wat met die behandelde baksteenmure en groot katedraal venster 'n regte kasteel-atmosfeer skep. Met al sy venters en franse-deure word daar baie natuurlike lig ingelaat en rus en ontspanning is in oorvloed.

Dié woonstel is in Sandbaai, 5 km van Hermanus af, geleë en slegs 800 m vanaf Sandbaai se strand. Die woonstel is bo die eienaar se woning geleë, maar het sy eie aparte ingang. Die gashere is beskikbaar om te help met enige navrae of probleme.

Die ingang maak oop op 'n wenteltrap en
'n katedraalvenster wat na die leefarea en kombuisie lei. Die kombuisie en sitkamer het balkonne aan albei kante en 'n pragtige uitsig op die berg van die een balkon af terwyl die ander balkon tussen die peperbome skuil.

Die kombuisie is goed toegerus met 'n yskassie, 2 plaat-stoof, mikrogolf, broodrooster, eierstomer, ketel, wasbak, en eetgerei en breekware vir 4 gaste. Die gemaklike sitkamer het 3 banke en 'n TV met sekere DStv-kanale. Die kamer lei na 'n klein gang wat toegang bied tot albei slaapkamers en die gaste-stortkamer. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer, en kyk uit op die berg. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en kyk uit oor die voortuin en die buurt. Albei slaapkamers bied toegang tot die balkon.

Daar is 'n gasbraai op die hoofbalkon wat 'n pragtige uitsig op die berg bied. Die tweede balkon kyk uit oor die rustige Sandbaai-woonbuurt en die voortuin.

Veilige parkeerplek is agter 'n elektriese hek onder 'n motorafdak beskikbaar. Toegang tot die woonstel word deur die hek in die parkeerarea verkry.

Rook is verbode in die huis. Dit word slegs op die balkonne toegelaat en gaste moet asb. die asbakkies gebruik.

Slaapplek

'n Bespreking by Light 'n Airy sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Aparte Toilet
  •  Stort
  •  Seep

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Eetkamer
  •  Waaier
  •  Klein Kombuis
  •  Sitkamer

Konferensie geriewe

  •  Internet
  •  Televisie

Maaltye Aangebied

  •  Tee

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte
  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Light 'n Airy gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R650 per nag (plek vir 4)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za