Lily's Cottage

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Lily's Cottage is in Queensburgh geleë, ’n rustige voorstad van Durban, en is ideaal vir diegene wat op soek is na gerieflike verblyf naby geriewe.

Lily’s Cottage beskik oor 2 eenhede wat saam of afsonderlik bespreek kan word. Die 2-slaapkamerwoonstel het 2 slaapkamers en 1 badkamer met slaapplek vir 4 volwassenes en 2 kinders. Die eerste slaapkamer het 'n koninggrootte-bed wat in 2 enkelbeddens omskep kan word, en 'n driekwart-bed. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed. Die badkamer het 'n stort, bad en 'n wasbak. Daar is ook 'n aparte toilet en wasbak. Die kombuis is goed toegerus met 'n yskas-vrieskas, mikrogolf, stoof, oond, eetgerei, breekware en ingeboude kaste. Daar is 'n instapspens en ontbythoekie langs die kombuis. Verder is daar 'n slaapbank in die area tussen die sitkamer en slaapkamers. Die sitkamer het ook 'n TV met sekere DStv-kanale en 'n uitsig oor die swembad.

Die ateljee-eenheid met 'n swembad-uitsig, bied 'n semi-selfsorgkombuisie sonder 'n stoof, en suite-badkamer, DStv, 'n koninggrootte-bed en 'n slaapbank vir 'n kind, beperkte WiFi, tafel vir skootrekenaars en 'n privaat patio. Dit kan met 2 enkelbeddens opgemaak word.

Geriewe op die perseel sluit 'n swembad, parkeerplek en braai-area in.

Lily's Cottage is slegs 15 - 20 minute se ry vanaf Durban se hoofstrande, uShaka Marine World, Moses Mabhida-stadion, Kingspark Rugbystadion, Kingsmead Krieketstadion, hospitale, KZN Universiteit en rolbalbane. Doendinge in die omgewing sluit strandsport, fietsrybaan, voëlkyk, wildkyk, begeleide voetslaanroetes, bergfietsry en tennis in.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  American Express
  •  Diners-kaart
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  24-uur Ontvangs
  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Lily's Cottage gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R900 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za